Sko­le wat werf nou ook in Ki­wi-land ’n warm pa­tat

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die werf van spe­lers op sko­le­vlak is in Nieu-See­land, nes in Suid-A­fri­ka, ’n warm pa­tat en die jong­ste twis oor dié kwes­sie het ’n klomp All Blacks ge­noop om ook hul stui­wer in die arm­beurs te gooi.

Die skool wat hom in die mid­del­punt van dié her­rie be­vind, is St. Ken­ti­gern (St. Kents) in Auck­land. Hy het hom die wre­wel van an­der sko­le in die streek op die hals ge­haal om­dat hy ak­tief van hul bes­te spe­lers met rug­by­beur­se lok.

Die an­der sko­le voel dit bied hom ’n on­reg­ver­di­ge voor­deel en die top­sko­le in Nieu-See­land se Noord-ei­land wei­er nou om teen St. Kents te speel van­weë sy “on­e­tie­se” wer­wings­pro­gram.

Jerome Kai­no, voor­ma­li­ge All Black-los­voor­spe­ler, het vir St. Kents in die bres ge­tree.

Kai­no het in die vroeë 2000’s van Pa­pa­ku­ra High S­chool na Saint Ken­ti­gern Col­le­ge ge­skuif na­dat hy ook ’n rug­by­beurs ge­kry het en sê die skool het jong seuns met ’n ge­leent­heid om hul po­ten­si­aal te ver­we­sen­lik, toe­ge­rus.

“Spe­lers soos ek, John A­foa en Joe Ro­ko­co­ko (wat al­mal All Blacks is) sou waar­skyn­lik nooit be­reik het wat ons het son­der die ge­leent­heid wat St. Ken­ti­gern Col­le­ge ons ge­bied het nie. Die­self­de geld an­der jong spe­lers wat ge­leent­he­de deur an­der sko­le ge­gun is,” sê Kai­no op In­sta­gram.

Kai­no is nie die e­nig­ste ho­ë­pro­fiel­spe­ler wat tot die po­le­miek toe­ge­tree het nie. Rie­ko Io­a­ne, All Black-vleu­el wat vir Auck­land Gram­mar ge­speel het, steun ook vir St. Kents.

“Nou het ek al­les ge­sien. Net om­dat hul­le wer­wing doen, be­te­ken dit nie jy ont­trek jou (aan die sko­le­li­ga) nie,” sê Io­a­ne op In­sta­gram.

“Moet jou nie aan die reeks ont­trek nie, as jy die bes­te wil wees, klop jy die bes­te. St. Kents maak die me­de­din­ging vir eer­ste span­ne moei­li­ker, maar dit maak dit ook so­veel be­ter as jy hul­le klop.”

So­wat vyf spe­lers van an­der sko­le in St. Kents se li­ga is ge­werf om in 2019 vir hom te speel.

“Hul­le bou nie van meet af aan nie, maar van jaar ne­ge tot 11. Hul­le gaan vir die su­per­ster­re en dit ver­oor­saak hoof­bre­kens,” het Na­pier Boys se hoof, Mat­thew Ber­tram ge­sê na­dat hul skrum­ska­kel deur St. Kents ge­buit is.

Wer­wing van spe­lers op sko­le­vlak maak ook ge­reeld op­slae in Suid-A­fri­ka. Tal­le sko­le skroom nie om spe­lers wat be­lo­wend lyk met beur­se te na­der nie.

In 2017 het Paul Col­ditz, die uit­voe­ren­de hoof van die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van SuidA­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as) hom ook teen wer­wing van spe­lers by an­der sko­le uit­ge­spreek en as “on­aan­vaar­baar” be­stem­pel.

Dit het ge­volg na­dat die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof in P­re­to­ria ge­wei­er het om teen Ho­ër­skool Gars­fon­tein te speel in die Vir­se­ker­be­ker-reeks.

Klo­fies het ver­le­de jaar die BBHRV met ’n pro­ku­reurs­brief voor ’n ul­ti­ma­tum oor dié skool se ver­de­re deel­na­me aan die Vir­se­ker­be­ker-reeks ge­stel.

Hul­le het des­tyds ge­sê dat Gars­fon­tein hul spe­lers “af­rok­kel” en daar­om wil hul­le nie teen die Be­re speel nie.

In 2015 het die Ho­ër­skool Fo­ch­vil­le ook mond uit­ge­spoel ná ses van hul rug­by­spe­lers in 2013 deur Pot­chef­stroom Gim­na­si­um ge­na­der is.

■ Wa­ter­kloof het van­dees­week aan­ge­kon­dig dat hy in 2019 weer sy slag in die Vir­se­ker­be­ker­reeks se Be­ker-af­de­ling sal wys.

Klo­fies sal op 13 A­pril in hul twee­de wed­stryd teen Gar­sies te staan kom.

Fo­to’s: GETTY IMAGES

Rie­ko Io­a­ne Bry­an Ha­ba­na duik in 2007 in Frank­ryk oor die doel­lyn vir een van sy agt Wê­reld­be­ker-drieë. Dis steeds ’n re­kord.

Jerome Kai­no

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.