S­pring­bok­ke kry nog ’n af­jak

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die ha­ker Mal­colm Marx is die e­nig­ste Suid-Afrikaanse rug­by­spe­ler wat die tyd­skrif Rug­by Wor­ld se span van die jaar ge­haal het.

On­danks Nieu-See­land se ne­der­laag van­jaar teen Ier­land is daar vyf All Blacks in die span, wat deur 12 ken­ners van reg rond­om die wê­reld ge­kies is.

Beau­den Bar­rett, los­ska­kel van die All Blacks, wat in 2016 en 2017 Wê­reld­rug­by se spe­ler van die jaar was, is op heel­ag­ter in­ge­sluit, met 2018 se spe­ler van die jaar, Jo­na­than Sex­ton wat die nr. 10-trui kry.

Be­ne­wens Bar­rett, is die vleu­els Ben S­mith en Rie­ko Io­a­ne, die agt­ste­man Kie­ran Re­ad en die slot Bro­die Re­tal­lick die an­der Nieu-See­lan­ders in die span.

Die 33-ja­ri­ge Sex­ton se ska­kel­maat is sy land­ge­noot Co­nor Mur­ray, wat die helf­te van die sei­soen weens ’n be­se­ring mis­ge­loop het.

Nog ’n spe­ler wat meer be­kend op los­ska­kel is, En­ge­land se O­wen Far­rell, is op sen­ter langs die Wal­lie­ser Jo­na­than Da­vies ge­kies.

Mal­colm Marx

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.