VUURMAKERS IN DIE KAAP

S­pe­cma­gic vir ou­laas te sien

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok Andrew K­newstubb seil ver­le­de na­week on­der A­me­ri­ka uit. S

Ro­sko, vier an­der om dop te hou by se­westoer­nooi

Met die Suid-Afrikaanse se­wes­span te­rug op tuis­bo­dem is die ver­wag­ting dat die span die na­week voor sy tuis­ska­re sy wa­re kleu­re sal wys. Dit ná die te­leur­stel­ling van ver­le­de na­week in Doe­bai.

Al­le kaart­jies vir die Kaap­stad-toer­nooi is im­mers so te sê uit­ver­koop, son­brandroom is ge­koop en toe­skou­ers be­raam plan­ne hoe om die bes­te gees te vang.

Maar, soos die oud-B­lits S­te­phan Dip­pe­naar vroe­ër dié week op­ge­merk het, kan een hop van die bal ’n wed­stryd in jou guns be­slis. Of een spe­ler.

Hier is vyf spe­lers wat straks die na­week din­ge kan laat ge­beur:

Ro­sko S­pe­cman (Suid-A­fri­ka)

Dit is die 29-ja­ri­ge boor­ling van Gra­ham­stad se swa­ne­sang (ho­pe­lik net ty­de­lik!) in se­wes­rug­by, voor­dat hy hom by die Bul­le in P­re­to­ria aan­meld.

Hy’s een van daar­die e­li­te­groe­pie spe­lers wat iets uit niks kan skep en wan­neer hy aan die bal raak en hak­ske­ne vir sy teen­stan­ders wys, is daar vuur­werk.

Ho­pe­lik spoor “S­pe­cma­gic”, soos on­der­steu­ners hom ken, se to­wer­kuns sy span­maats aan om self to­we­naars voor hul tuis­ska­re te wees.

Per­ry Ba­ker (A­me­ri­ka)

Die 32-ja­ri­ge Ba­ker is die af­ge­lo­pe twee jaar Wê­reld­rug­by se Se- wes­spe­ler van die Jaar, die e­nig­ste spe­ler wat die prys meer as een keer kon wen. Hy is ’n drie­druk­ma­sjien, wat die gang van ’n wed­stryd in ’n oog­wink kan ver­an­der.

Jy kan maar weet dat sy span se ne­der­laag in die eind­stryd in Doe­bai teen Nieu-See­land vir hom as ek­stra mo­ti­ve­ring sal dien.

Andrew K­newstubb (Nieu-See­land)

Hy is dalk net 23 jaar oud en het sy bui­ging vir die Ki­wi’s eers in 2017 ge­maak, maar die­ge­ne wat weet, praat met lof van hom.

Hy is vin­nig, het ’n oog vir ’n ga­ping en is as spel­skep­per die ge­ne­raal in Nieu-See­land se span. Die Ki­wi’s is die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen­span in die Moe­der­stad en na­dat hul­le ver­le­de na­week die ti­tel in Du­bai ver­o­wer het, sal K­newstubb en sy span­maats oor­loop van self­ver­troue. En ’n Nieu-See­land­se span met baie self­ver­troue spel al­tyd ge­vaar vir die res.

Mar­cos Moro­ni (Ar­gen­ti­nië)

Ook ’n jon­ge­ling, met 23 so­mers ag­ter die blad, maar hy ken die pad doel­lyn toe.

Die af­ge­lo­pe na­week in Du­bai was hy met se­we drieë die voor­ste drie­druk­ker.

Die Ar­gen­tyn­se span word sel­de as ’n erns­ti­ge aan­spraak­ma­ker in die reeks be­skou, maar die blit­si­ge Moro­ni kan mak­lik die kol­lig steel. En jou in tra­ne by jou eie par­ty­tjie laat.

Dan Nor­ton (En­ge­land)

Jy is nie vir geen re­de die voor­ste drie­druk­ker van al­le tye nie.

Die 30-ja­ri­ge Nor­ton, wat met 302 drieë ag­ter sy naam spog, het die myl­paal van 300 in Du­bai be­reik. Bui­ten dat hy weet waar die doel­lyn is, be­skik hy oor de­ka­des se er­va­ring. En er­va­ring, het ons ver­le­de na­week ge­leer, is nie te ver­smaai nie.

■ Die B­lits­bok­ke se teen­stan­ders van­dag is Sa­moa (12:27), Zim­bab­we (15:48) en Nieu-See­land (19:56). Slaag hul­le daar­in om eer­ste of twee­de in die groep te ein­dig, wag straks Aus­tra­lië of S­kot­land in die kwart­eind­ron­de.

■ Reg­streeks van 09:50 op SS 1.

Fo­to’s: GETTY IMAGES

Al moet ek vlieg . . . gaan jy my steeds nie keer nie. Ro­sko S­pe­cman duik ver­le­de jaar teen Aus­tra­lië oor die doel­lyn in Syd­ney.

Regs: Dan Nor­ton duik in 2017 op T­wic­ken­ham in Lon­den oor die doel­lyn teen die B­lits­bok­ke.

Jy kan nie die A­me­ri­ka­ner Per­ry Ba­ker baie van se­wes ver­tel nie.

Ar­gen­ti­nië se Mar­cos Moro­ni ver­le­de sei­soen teen Wal­lis in Pa­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.