DIS (STEEDS) ’N MANS­WÊ­RELD

Dit (t)werk mos nie so nie, man!

Beeld - - Sport -

Se­re­na nie al vrou wat van­jaar deur­loop nie

Die mees ge­sog­te in­di­vi­du­e­le prys in sok­ker, die Bal­lon d’Or, is van­dees­week die eer­ste keer aan ’n vrou toe­ge­ken. Maar dié ge­skied­kun­di­ge oor­win­ning vir vrou­e­sok­ker is oor­ska­du deur sek­sis­me, toe die Fran­se se­re­mo­nie­mees­ter en be­ken­de pla­te­jog­gie Mar­tin Sol­veig die wenner, Ada He­ger­berg, ge­vra het om op die ver­hoog te “t­werk”.

Die “t­werk” is ’n sek­su­eel sug­ges­tie­we dans­pas­sie en Sol­veig se ver­soek, wat die Noor­we­ër dui­de­lik on­ge­mak­lik ge­maak het, het ’n storm op so­si­a­le me­dia ont­ke­ten.

Sol­veig het la­ter in ’n Twitter-vi­deo om ver­sko­ning ge­vra en ge­sê sy ver­soek was “’n grap­pie, straks ’n swak een”.

On­der die kri­ti­ci was dié van ’n voor­ma­li­ge nom­me­reen-ten­nis­spe­ler ter wê­reld Andy Mur­ray. “Aan al­mal wat dink men­se oor­re­a­geer en dat die hele ding net ’n grap was: Dit was nie. Ek is nog my hele le­we lank in s­port be­trok­ke en die sek­sis­me wat daar­in voor­kom is on­ge­loof­lik,” het hy op Twitter ge­sê.

Hier volg vyf an­der voor­beel­de van sek­sis­me.

Fo­to’s: GETTY IMAGES

Ada He­ger­berg, wenner van die Bal­lon d’Or, staan ver­stom na­dat sy ge­vra is om te “t­werk” op die ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.