OP DIE VLER­KE VAN ’N A­REND

C­harl rooi­warm in 2de ron­de

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

C­harl neem die voor­tou in SA Ope in styl

C­harl S­chwart­zel ver­tel nou al vir weke dat hy tans van die bes­te gholf van sy roem­ry­ke loop­baan speel. Gis­ter by die Rand­park-gholf­klub is hy uit­ein­de­lik be­derf met ’n tel­ling wat dít weer­spie­ël.

Dié ge­bo­re Vaal­drie­hoe­ker gaan die na­week van die Suid-Afrikaanse Ope bin­ne as die voor­lo­per na­dat hy die Bushwil­low-baan in uit­da­gen­de om­stan­dig­he­de pim­pel en pers ge­mo­ker het.

S­chwart­zel het ses vo­ël­tjies en ’n a­rend in ’n fout­lo­se ron­de van 63 (agt houe min­der as sy­fer) aan­ge­te­ken om sy tel­ling te voer na 130 (-12). Dit gee hom ’n voor­sprong van een hou oor die Zam­bi­ër Ma­da­lit­so Mu­thiya (wat 68 houe by die Fi­ret­horn-baan ge­speel het) en plaas hom twee houe voor sy land­ge­no­te Zan­der Lom­bard (68) en Lou­is Oost­hui­zen (70) en die Yank Kurt Ki­ta­ya­ma (69).

Die hoog­te­punt van S­chwart­zel se dag was on­ge­twy­feld sy a­rend op die 17de put­jie, waar hy sy na­der­hou reg­uit na die vlag­gie ge­slaan het en dit soos ’n stoom­trein na die blik­kie ge­rol en in­ge­val het.

“My bof­hou op 17 was waar­skyn­lik een van my swak­ste van die week – ná dit het ek ge­dink dit sal goed wees as ek met ’n 4 of 5 daar kan weg­stap. Ge­luk­kig het ek ’n goeie der­de hout ge­slaan. Dit ge­beur nie te ge­reeld nie. Ek het 70 treë oor­ge­had en moes ver­sig­tig wees dat die bal nie te­rug­draai wa­ter toe nie,” het die 34-ja­ri­ge Suid-A­fri­ka­ner van sy won­der­hou op die sy­fer-5 17de ge­sê.

S­chwart­zel het Don­der­dag by die Fi­ret­horn-baan ’n ron­de van 4-on­der aan­ge­te­ken, maar sê hy dink hy het toe be­ter ge­speel as gis­ter. “Van­dag was die toe­stan- de moei­li­ker,” het hy ge­sê.

“Ek kan steeds nie uit­werk waar­om ek nie die ver­to­nings wat ek no­dig het kan le­wer nie, selfs ná dié ron­de,” het hy lag­gend ge­sê.

“Ek het ’n paar toer­nooie ge­had waar­in ek so goed soos nou ge­speel het, so ek gaan maar nie te veel sê nie,” het hy by­ge­voeg met ver­wy­sing na ’n sei­soen waar­in hy net vier top-10-uit­slae kon be­haal en van 33ste in die wê­reld tot 85ste ge­sak het.

Vir ’n ruk gis­ter het die gholf­ge­meen­skap a­sem op­ge­hou oor die kans dat S­chwart­zel en sy ja­re­lan­ge vriend Oost­hui­zen van­og­gend saam sou speel in die der­de dag se laas­te groep, maar ’n swak set­hou deur Oost­hui­zen by die Fi­ret­horn-baan se 17de put­jie het daar­die hoop ver­y­del.

Die Suid-Ka­pe­naar het drie ag­ter­een­vol­gen­de vo­ël­tjies tus­sen die 12de en 14de put­jies aan­ge­te­ken, en sou S­chwart­zel in­ge­haal het met nog ’n vo­ël­tjie in die pyl­vak.

Maar ’n brou­hou op die 17de, waar hy sy sy­fer-set­hou ver­by die blik­kie ge­druk het, wat hom na die ge­sa­ment­li­ke der­de plek laat te­rug­sak het.

“Dit was am­per a­sof daar­die set­hou te mak­lik was om te lees. Daar was niks in nie, dit was dood­reg­uit,” het Oost­hui­zen ge­sê. “Ek het nie eens daar­oor ge­dink nie, maar toe my swak­ste hou van die week ge­slaan.”

Oost­hui­zen en S­chwart­zel het me­kaar 22 jaar ge­le­de op die eer­ste bof van die Fi­ret­horn-baan vir die eer­ste keer ooit ont­moet, in ’n ju­ni­or toer­nooi. S­chwart­zel het se­dert­dien agt be­roeps­ti­tels in Suid-A­fri­ka ge­wen, en Oost­hui­zen vier, maar nie een kon al in hul na­si­o­na­le Ope se­ë­vier nie.

■ In ’n lip­lek­ker-voor­uit­sig sal die ta­lent­vol­le jong Jo­van Re­bu­la die skoon­vel­de van Fi­ret­horn saam met sy be­ken­de oom, Er­nie Els, be­wan­del.

Re­bu­la en Els het die twee­de ron­de al­bei op 137 (-5) vol­tooi, ná tel­lings van on­der­skei­de­lik 70 en 71 by Fi­ret­horn.

Re­bu­la gee die pas aan in die a­ma­teur­spe­lers se stryd om die F­red­die Tait-tro­fee, wat sy oom in 1989 ver­o­wer het.

Hy het net ’n skra­le voor­sprong van een hou oor die land se nr. 1-a­ma­teur, Wil­co Nie­na­ber (69 by Bushwil­low).

De­on Ger­mis­huys (70 by Bushwil­low) en die 15-ja­ri­ge Yu­rav P­rem­lall (67 by Bushwil­low) is drie houe ag­ter Re­bu­la.

Fo­to: GALLO IMAGES

C­harl S­chwart­zel gooi sy han­de in die lug na­dat hy gis­ter by die Rand­park-gholf­klub se Bushwil­low-baan ’n a­rend op die 17de put­jie aan­ge­te­ken het. S­chwart­zel is die voor­lo­per ná twee ron­des van die Suid-Afrikaanse Ope.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.