Va­kan­sie­huis moet by jou pas

Beeld - - Huisgids -

Vir die mees­te Suid-A­fri­ka­ners is die i­dee om ’n va­kan­sie­huis te koop in die hui­di­ge e­ko­no­mie­se kli­maat niks meer as ’n droom nie. Tog is dit steeds pret om daar­die droom te droom! En dit is goed om voor­be­reid te wees vir die dag wan­neer jy uit­ein­de­lik ge­noeg geld het om op ’n twee­de ei­en­dom uit te gee.

“Die sleu­tel tot die koop van ’n va­kan­sie­huis is om ’n ge­bied te vind wat in­pas by jou u­nie­ke smaak en die ma­nier waar­op jy graag ont­span. Om die mees­te uit jou be­leg­ging te kry, gaan jy ge­reeld soon­toe wil gaan en nie ver­veeld wil raak nie. Ko­pers moet dus ver­sig­tig na­vor­sing doen oor waar hul­le wil koop om lang­ter­myn­ple­sier van die ei­en­dom te ver­se­ker. Maak se­ker daar is ge­noeg na­by om te sien en te doen so­dat jy jare na­dat jy die ei­en­dom ge­koop het steeds uit­sien om soon­toe te gaan,” sê Adrian Gos­lett, streeks­di­rek­teur en uit­voe­ren­de hoof van RE/Max Sui­derA­fri­ka.

Om ko­pers te help met hul soek­tog na hul droom­ei­en­dom, deel Gos­lett ’n paar i­dees oor van die mees ge­skik­te stre­ke in ons land wan­neer dit kom by ’n va­kan­sie­huis:

Ont­snap na die kus (Wes-Kaap)

“As die son, sand en see hoog op jou guns­te­lin­ge-ly­sie is, is die Wes-Kaap die plek om te wees – dis nou as jy die y­si­ge koue van die see­wa­ter kan ver­dra! As jy hou van ’n a­rea met baie le­we, lek­ker eet­plek­ke en ’n pol­sen­de at­mos­feer, pro­beer Kamps­baai of P­let­ten­berg­baai. Hier­die a­re­as bied ook won­der­li­ke po­ten­si­aal vir be­leg­gers om­dat daar ’n groot vraag is na kort­ter­myn­ver­hu­rings. As jy meer af­ge­leë kus­ge­bie­de ver­kies, is St. He­le­na­baai en Wil­der­nis be­slis goeie keu­ses.”

Bos­veld­va­kan­sies (M­pu­ma­lan­ga en Lim­po­po)

“M­pu­ma­lan­ga en Lim­po­po is Suid-A­fri­ka se bes­te pro­vin­sies as jy mal is oor wild­kyk en sa­fa­ri om­dat dit die tuis­te van die Kru­ger­wild­tuin is. Be­la-Be­la in Lim­po­po en Ly­den­burg in M­pu­ma­lan­ga is won­der­li­ke a­re­as wat kan spog met na­by­heid aan die wild­tuin so­wel as die luuks­heid van toe­ris­te­dor­pe ge­vul met goeie re­stau­ran­te en baie ver­skil­len­de soor­te dag­uit­stap­pies.”

’n Mek­ka vir a­von­tu­riers (K­waZu­luNa­tal)

“KZN is die tuis­te van die Dra­kens­ber­ge en is die per­fek­te pro­vin­sie vir dié wat hou van a­dre­na­lien wat deur hul are bruis. A­re­as soos Ho­wick is na­by ge­noeg aan die ber­ge vir dié wat graag daar wil gaan stap. Die a­rea bied ook baie om te doen en te sien – van ca­nopy tou­rs tot berg­fiets­roe­tes en dam­me vir kuns­vlieg­hen­gel. Die Mid­del­land is ook prop­vol ou­li­ke win­kel­tjies en knus eet­plek­kies.”

Gos­lett se laas­te stuk­kie raad is om ko­pers te her­in­ner aan die prak­tie­se kant daar­van om ’n twee­de ei­en­dom te koop. “Waar ook al jy kies om te koop, maak se­ker daar is ie­mand wat jy ver­trou daar na­by wat ’n o­gie kan hou en kan help met die in­stand­hou­ding. In­dien moont­lik, stel ’n tui­nier en skoon­maak­diens­te aan om se­ker te maak jou ei­en­dom bly ek­sie-per­fek­sie voor jou vol­gen­de be­soek,” sluit hy af.

■ Vir meer in­lig­ting, be­soek www.re­max.co.za.

Fo­to’s: ISTOCK

Kamps­baai is i­de­aal as jy hou van ’n pol­sen­de at­mos­feer.

Ont­snap na die na­tuur­skoon van die Dra­kens­ber­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.