De­mi-Leigh sê ja vir voet­bal­spe­ler

Yank op sy knieë vir De­mi-Leigh

Beeld - - Voorblad - Jackie Kru­ger

In die wol­ke. Dit is hoe Ben­nie Pe­ters, pa van De­mi-Leigh Nel-Pe­ters (23), ge­we­se Mej. SA en Mej. Heel­al, al die pad uit Jack­son­vil­le in A­me­ri­ka laat weet het oor hoe hul­le voel oor haar ver­lo­wing aan haar A­me­ri­kaan­se kê­rel, Tim Te­bow (30).

Nel-Pe­ters het die nuus Don­der­dag­aand op haar In­sta­gram­re­ke­ning be­kend ge­maak by ’n fo­to van Te­bow wat die groot vraag op sy knieë vra.

“Ui­ter­aard is ons in die wol­ke oor die prag­ti­ge twee kin­ders wie se ver­hou­ding na die vol­gen­de vlak ge­neem word,” het Pe­ters gis­ter ge­sê.

Vol­gens hom is hul­le “werk­lik be­voor­reg” om daar­van deel te kon wees.

“De­mi het van niks ge­weet nie, maar Tim het met hul be­soek aan Suid-A­fri­ka oor Kers­fees re­ë­lings met ons ge­tref om haar te ver­ras. Ons is tans in Jack­son­vil­le, Flo­ri­da, saam met De­mi, Tim en sy fa­mi­lie. Hul­le het op Tim se ou­ers se plaas ver­loof ge­raak en dit was ’n baie mooi, pri­va­te geleentheid vir fa­mi­lie en na­bye vrien­de.”

Vol­gens Pe­ters is die trou­da­tum weens hul on­der­skeie ver­plig­tin­ge nog nie vas­ge­stel nie.

Nel-Pe­ters het in De­sem­ber ver­le­de jaar on­der meer op haar Fa­ce­book-blad fo­to’s van haar en Te­bow op hul be­soek aan SuidA­fri­ka ge­plaas.

Die A­me­ri­kaan­se voet­bal­spe­ler Tim Te­bow en sy ver­loof­de, De­mi-Leigh Nel-Pe­ters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.