G­lim­lag­te op Wan­de­rers Mar­kram, storm­ram

Sy bes­te kolf­ses­sie nóg, maar Pro­te­as ver­welk toe vin­nig daar­na

Beeld - - Voorblad - Ti­nus van S­ta­den

Nog nooit in sy loop­baan het Ai­den Mar­kram al só goed voor die pen­ne ge­voel, soos gis­ter­og­gend op dag een van die der­de krie­ket­toets­wed­stryd teen Pa­ki­stan op die Wan­de­rers nie.

Mar­kram se uit­mun­ten­de beurt van 90 (124 bal­le, 16x4) het ’n uit­ste­ken­de grond­slag vir Suid-A­fri­ka ge­lê.

“Dit is die bes­te wat ek nóg in ’n ses­sie be­weeg het,” sê Mar­kram, wat 78 lo­pies in die eer­ste ses­sie ge­slaan het.

“Die eer­ste ses of se­we beur­te was taai. Hul naat­bou­lers het dit moei­lik ge­maak. Die bal het so iet­wat van die blad af be­weeg en dit was ook re­de­lik sta­dig.

“Dit was lek­ker om ’n ven­noot­skap (van 126) saam met Hash (Hashim Am­la, 41) op te stel en deur daar­die eer­ste uur te kom,” sê hy.

Mar­kram sê hy wil voort­aan al­tyd met so­veel self­ver­troue en in­ten­si­teit kolf, maar hy sal steeds goeie af­le­we­rings i­den­ti­fi­seer en re­spek­teer.

Dit was eg­ter nie ’n goeie af­le­we­ring wat hom uit­ge­kry het nie. Hy het bui­te­rand by­ge­kry ná ’n los af­le­we­ring aan die by­kant.

“Dit was baie te­leur­stel­lend, maar sul­ke din­ge ge­beur.”

Dit was die der­de keer in sy loop­baan dat Mar­kram in die 90’s uit­ge­haal is.

Hy sê jong Suid-A­fri­kaan­se kol­wers moet maar vre­de maak met die feit dat kolf­werk in die af­sien­ba­re toe­koms moei­lik gaan wees, aan­ge­sien daar so ’n oor­vloed aan jong snel­bou­lers is.

“Ons het so­veel goeie jong snel­bou­lers, so dit sal dom wees om nie blaaie voor te be­rei wat hul­le be­voor­deel nie. Ons moet daar­aan ge­woond raak om op uit­da­gen­de blaaie te kolf.”

Na­dat hy uit is, het nog twee jong spe­lers, T­heu­nis de Bruyn (49) en Zu­bayr Ham­za (41), die Pro­te­as se tel­ling ver­by 200 laat vor­der voor die tee­pou­se.

De Bruyn, Ham­za en Mar­kram is al­mal jon­ger as 26 en hul ver­to­nings voor­spel goeie din­ge vir Suid-A­fri­ka.

“Dit is op­win­dend,” sê Mar­kram.

“Om te sien hoe Zu­by (Ham­za) van­dag ge­speel het, is iets waar­oor al­le on­der­steu­ners op­ge­won­de kan raak.

“T­heu­nis is net so ’n goeie kol­wer, al wys sy tel­lings dit dalk nie. Sy hon­derd­tal (ver­le­de jaar) in Sri Lan­ka, spreek boek­de­le en ons sal nog baie meer van hom sien.”

Ná De Bruyn en Ham­za se ven­noot­skap het die Pro­te­as ’n kolfi­neen­stor­ting be­leef. Die laas­te se­we paal­tjies het vir s­legs 36 lo­pies ge­val en die Pro­te­as is vir 262 uit­ge­knik­ker – ’n tel­ling wat nie die ge­hal­te van die blad weer­spie­ël nie.

Mar­kram sê die blad bied tog so ’n bie­tjie by­stand aan die bou­lers en Pa­ki­stan het dit uit­ste­kend uit­ge­buit.

Hy glo ook kolf­werk het moei­li­ker ge­raak soos die dag ge­vor­der het en “dít is baie goeie nuus vir ons bou­lers”.

Pa­ki­stan se twee voor­slag­bou­lers, Mo­ham­mad A­mir (2/36) en Mo­ham­mad Ab­bas (2/44), was uit­staan­de in die laas­te ses­sie.

“Ons het in die eer­ste twee ses­sies nie goed ge­boul nie, maar ná die tee­tyd het ons be­sluit om met ’n meer reg­uit lyn te vol­hard en vir die paal­tjies te mik,” sê A­mir.

“Dit het vir ons ge­werk en ons het só ge­poog om die lo­pie­tem­po te be­perk.

“Die blad is ’n baie goeie een – baie be­ter as die blaaie in die eer­ste twee toet­se. As ’n kol­wer hom­self in­gra­we, kan hy baie lo­pies slaan.”

A­mir sê hoe­wel sy span gis­ter laat twee paal­tjies ver­loor het, kan hul­le steeds in ’n goeie po­si­sie wees as hul­le van­og­gend in die eer­ste ses­sie geen paal­tjies ver­loor nie. Pa­ki­stan sal sy beurt van­dag op 17/2 her­vat na­dat Suid-A­fri­ka se Ver­non P­hi­lan­der (2/1) gis­ter­aand laat toe­ge­slaan het.

Ai­den Mar­kram

Fo­to’s GALLO IMAGES

On­der­steu­ners ge­niet die krie­ket in Jo­han­nes­burg.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ai­den Mar­kram tref gis­ter die bal met ’n haak­hou op die eer­ste dag van die der­de toets teen Pa­ki­stan op die Wan­de­rers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.