‘An­dy, wag eers tot Wim­ble­don’

Beeld - - Voorblad - ROD­DICK AAN MUR­RAY

Die voor­ma­li­ge A­me­ri­kaan­se ten­nis­spe­ler An­dy Rod­dick hoop An­dy Mur­ray se swa­ne­sang as be­roep­spe­ler sal eers la­ter van­jaar op Wim­ble­don wees.

Rod­dick het ge­re­a­geer op Mur­ray se skok-aan­kon­di­ging dat hy weens kna­en­de pyn in sy reg­ter­heup van­jaar gaan uit­tree en dat die Aus­tra­lie­se Ope, wat Maan­dag in Mel­bour­ne be­gin, moont­lik sy laas­te toer­nooi as be­roep­spe­ler kan wees.

“As dit waar is (dat hy gaan uit­tree), wil ek my hoed af­haal vir An­dy Mur­ray. Hy is ’n le­gen­de. Hy’s op die kort­lys van die bes­te tak­tie­se spe­lers in die spel se ge­skie­de­nis.

“Ek het niks an­ders as re­spek vir hom nie. Ek dink nou som­mer hard­op, maar hy ver­dien sy oom­blik om by Wim­ble­don tot­siens te sê. Hy is te be­lang­rik vir B­rit­tan­je en Wim­ble­don-ge­skie­de­nis om nie só ’n kans te kry nie,” het Rod­dick ge­twiet.

Mur­ray het twee keer die Wim­ble­don-kroon in sy loop­baan ver­o­wer en ook ’n O­lim­pie­se goue me­dal­je op die­self­de gras­ba­ne in 2012 ge­wen.

Een van Mur­ray se voor­ma­li­ge af­rig­ters, Dar­ren Ca­hill, het ook groot lof vir dié S­kot ge­had. “As jy soek vir voor­beel­de van spe­lers wat al­les uit­ge­haal het om die bes­te te wees, be­hoort daar ’n fo­to van An­dy Mur­ray te wees,” het hy ge­sê.

“Sy dis­si­pli­ne wan­neer dit by oe­fe­ning kom, sy wed­y­we­ring en die op­of­fe­rings wat hy be­reid was om te maak, is le­gen­da­ries.”

’n An­der oud-brei­er van Mur­ray, Da­niel Val­l­ver­du, het selfs ver­der ge­gaan: “Wat ook al jy dink dit be­te­ken om al­les in te sit, maal dit met vyf en dan weet jy wie An­dy Mur­ray is.”

’n E­mo­si­o­ne­le Mur­ray (31), wat be­ne­wens sy Wim­ble­don-ti­tels ook die A­me­ri­kaan­se Ope ge­wen het, het gis­ter ge­sê daar is wel nog ’n kans dat hy min­stens tot en met van­jaar se Wim­ble­don sal mee­ding.

Maar soos hy nou voel, sal die Aus­sie Ope dalk sy swa­ne­sang wees om­dat die pyn in sy heup by­na on­draag­lik ge­raak het.

“Die pyn is reg­tig te veel. Ek is nie se­ker ek sal vir nog vier of vyf maan­de met die pyn kan speel nie. Die pyn laat my nie toe om my ten­nis te ge­niet nie, om mee te ding of te oe­fen, niks nie.”

Mur­ray sê hy oor­weeg ver­de­re heu­po­pe­ra­sies, maar sê dit sal meer daar­op ge­mik wees om sy “le­wens­ge­hal­te” te ver­be­ter.

Hy is ’n voor­ma­li­ge nom­me­reen-spe­ler van die wê­reld, maar het weens sy heup­pro­bleem tot in die 230ste plek op die wê­reld­rang­lys uit­ge­sak.

Hy het sy de­buut as be­roep­spe­ler in 2005 ge­maak en het 45 toer­nooie in die ATP-reeks ge­wen. Sy laas­te ti­tel was in Du­bai in Maart 2017. Hy was die jaar voor dit ook die O­lim­pie­se S­pe­le-kam­pi­oen in Rio de Ja­nei­ro.

Fo­to: AP

’n E­mo­si­o­ne­le An­dy Mur­ray gis­ter toe hy sy uit­tre­de van­jaar as be­roep­spe­ler aan­kon­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.