DA wil hof toe oor ANC ‘fo­to steel’

Beeld - - Nuus - Ja­na Marx

Die DA het regs­hulp in­ge­win en sal ’n pro­ku­reurs­brief aan die ANC stuur om hom te be­veel om die ge­bruik van sy ver­kie­sing­slag­spreuk “One South A­fri­ca for All” on­mid­del­lik te staak.

As die ANC nie daar­aan ge­hoor gee én om ver­sko­ning vra nie, wil die DA hom hof toe sleep.

Die DA het die ANC van­dees­week daar­van be­skul­dig dat hy ’n fo­to met dié slag­spreuk by hom ge­steel het. Die ANC het die fo­to op sy Fa­ce­book-blad ge­plaas met ’n aan­ha­ling van pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa on­der­aan. Die par­ty ont­ken dat hy dit by die DA ge­steel het, maar het dit se­dert die DA ge­kla het, van sy blad ver­wy­der.

Op dié fo­to staan ’n jui­gen­de groep men­se met plak­ka­te wat die woor­de “One South A­fri­ca for All” uit­spel.

Sol­ly Ma­lat­si, die DA­woord­voer­der, sê die fo­to is deur ’n fo­to­graaf in die DA se eie be­mar­king­span ge­neem en dit is sy in­tel­lek­tu­e­le ei­en­dom. Dit is ver­groot en vir die eer­ste keer as ag­ter­grond ge­bruik vir ’n toe­spraak deur M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, op die par­ty se fe­de­ra­le kon­gres in A­pril 2018.

Die fo­to was vol­gens Ma­lat­si nê­rens an­ders be­skik­baar as op die DA se web­tuis­te nie, tot­dat die ANC dit op Fa­ce­book ge­plaas het.

“Die ANC het ont­ken dat hy die slag­spreuk ge­steel het en sê dis on­moont­lik (om dit te steel) om­dat die DA nog nie sy ver­kie­sings­veld­tog ge­loods het nie. Dit is ’n vol­slae leu­en, want ons het ons veld­tog al op 22 Sep­tem­ber 2018 ge­loods,” lui die DA se ver­kla­ring.

Zi­zi Kod­wa, hoof van die pre­si­den­sie in die ANC, het by na­vraag ge­sê: “Die DA is on­der die see en sink net die­per. Ons sal nie van stryk ge­bring word nie. Wat die DA doen, is ’n te­ken dat hy ir­re­le­vant en on­be­nul­lig is.”

Hy wou glad nie oor ’n klag van in­tel­lek­tu­e­le ei­en­doms­dief­stal praat nie.

Die DA het ge­sê die ANC se ge­brek aan oor­spronk­lik­heid toon dat hy niks het om aan Suid-A­fri­ka­ners te bied nie en is ver­de­re mo­ti­ve­ring vir kie­sers om hom by die stem­bus te straf.

Die par­ty sê dit is skan­da­lig dat die ANC be­weer hy wil “een Suid-A­fri­ka vir al­mal” bou ter­wyl dit glad nie die ge­val is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.