DA-plan ‘’n werk vir el­ke huis­hou­ding’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die groot­ste kri­sis in Suid-A­fri­ka tans is dat vier uit el­ke tien vol­was­se­nes nie werk het nie. Daar­om kan die ver­kie­sing van­jaar oor niks an­ders as werk­skep­ping gaan nie, sê M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er.

Hy het gis­ter jong­men­se by die Diep­sloot Op­por­tu­ni­ty Cen­t­re, ’n on­der­steu­ning­sen­trum vir op­ko­men­de en­tre­pre­neurs in Jo­han­nes­burg, toe­ge­spreek as deel van die DA se ver­kie­sings­veld­tog.

Her­man Mas­ha­ba, bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, Sol­ly M­si­man­ga, sy amps­ge­noot in Tshwa­ne en die DA se pre­mier­skan­di­daat vir Gau­teng, en an­der se­ni­or par­ty­be­amp­tes het hom ver­ge­sel.

Mai­ma­ne sê die werk­loos­heids­kri­sis be­te­ken daar is mil­joe­ne huis­hou­dings waar­in geen en­ke­le lid werk het nie.

“Vir mil­joe­ne huis­hou­dings is daar dus daag­liks geen waar­borg van kos op die ta­fel nie.

“Dink net wat dit vir vol­was­se­nes in sul­ke huis­hou­dings be­te­ken wat nie die waar­dig­heid het om vir hul ge­sin te kan sorg nie.

“Dink net wat dit vir die kin­ders in sul­ke hui­se be­te­ken wat hon­ger skool toe moet gaan en groot­word ter­wyl hul­le nooit ’n vol­was­se ge­sins­lid sien wat werk toe gaan nie.”

Mai­ma­ne is vol ver­troue dat ’n DA-re­ge­ring ’n werk vir el­ke huis­hou­ding kan skep, want hy meen die DA se be­na­de­ring tot werk­skep­ping is suk­ses­vol.

“Daar is be­wy­se. Vol­gens S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka is meer as die helf­te van al­le nu­we werk­ge­leent­he­de die af­ge­lo­pe jaar in die land in DA-be­heer­de ge­bie­de ge­skep.”

Se­dert die DA twee jaar ge­le­de in die Jo­han­nes­burg-me­tro aan die be­wind ge­kom het, het hy R10 mil­jard se reg­streek­se be­leg­gings daar­heen ge­lok en in in­fra­struk­tuur be­lê.

Die me­tro kan daar­om e­ko­no­mie­se groei van 2,5% vir van­jaar ver­wag, sê hy.

In Tshwa­ne het die DA vol­gens hom in die af­ge­lo­pe twee jaar beur­se aan 1 800 s­tu­den­te toe­ge­ken, vak­leer­ling­skap­pe aan 300 jong­men­se ge­gee en meer as 16 000 werk­ge­leent­he­de in ver­skeie pro­gram­me ge­skep.

“Die DA re­geer nou al ’n de­ka­de in die Wes-Kaap en ons be­na­de­ring was om werk­loos­heid daar tot die laag­ste in die land te ver­min­der. Die pro­vin­sie se werk­loos­heids­koers is 13 per­sen­ta­sie­pun­te la­er as die na­si­o­na­le ge­mid­del­de.

“Dit wys on­ge­twy­feld dat die DA se be­na­de­ring werk en dat die DA die e­nig­ste par­ty is wat ’n werk vir el­ke huis­hou­ding kan skep,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.