Woord­fees van­jaar ‘20 jaar jonk’

Beeld - - Nuus - AJ Op­per­man

Die US Woord­fees is “20 jaar jonk”, sê Saar­tjie Bo­tha, fees­di­rek­teur, oor die 20ste fees wat van 1 tot 10 Maart in S­tel­len­bosch aan­ge­bied word.

“Jonk” is van­jaar die te­ma van die fees wat 19 jaar ge­le­de (in 2000) die eer­ste keer aan­ge­bied is.

“In 2018 het die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch sy eeu­fees­jaar ge­vier. So, ons het ge­re­ken daar is plek vir nu­we bloed en nu­we e­ner­gie. Dit is ook ’n stu­den­te­dorp – die fees­gan­gers is nie net ou­er men­se nie. Daar is ’n sterk stu­den­te­ge­meen­skap wat ons ook wil be­trek.”

Bo­tha skerts ook dat die KKNK van­jaar sy 25ste fees aan­bied, so die Woord­fees is jonk.

Vol­gens haar het kuns­te­fees­te ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om aan fees­gan­gers ’n ver­wy­sings­raam­werk te bied.

“Mis­kien is daar sto­ries wat dalk ver­by hul rak­leef­tyd oor­see is, maar daar is sto­ries wat nog steeds hier ver­tel moet word. Ek re­ken ’n dra­ma soos Kat­voet, ’n ver­hou­dings­dra­ma bin­ne die kon­teks van ’n fa­mi­lie, is nog baie re­le­vant.”

Kat­voet, ’n de­buut­pro­duk­sie deur Ni­co S­chee­pers, is ge­grond op Ten­nes­see Wil­li­ams se Cat on a Hot Tin Roof.

Bo­tha sê so­dra be­spre­kings vir die fees o­pen, is die te­a­ter­pro­duk­sies en die klas­sie­ke mu­siek­kon­ser­te die bes­te ver­ko­pers. Dit het on­der meer te doen met waar men­se wil sit.

Die kon­tem­po­rê­re mu­siek­kon­ser­te ver­koop die bes­te in die laas­te twee we­ke voor die fees be­gin.

Die boek­ge­sprek­ke is die bes­te ver­ko­per.

“Dit is ook goed­ko­per kaart­jies, en die ge­ho­re is klei­ner,” sê Bo­tha. “Die im­pak op jou as ge­hoor­lid ver­skil ook. Hier­die ge­sprek­ke duur kor­ter as an­der pro­duk­sies en ver­skil­len­de soort vrae kom uit die ge­hoor en maak dit ’n heel an­der vorm van in­ter­ak­sie.”

De­buut­pro­duk­sies is duur om aan te bied en dit is nie son­der ri­si­ko’s nie.

“Die fees waar ’n pro­duk­sie die heel eer­ste op­ge­voer word, het die ver­ant­woor­de­lik­heid om die ont­wik­ke­lings­kos­te te dra.”

Nog de­buut­pro­duk­sies sluit in O, die don­kie! deur Da­na Sny­man, met Frank Op­per­man wat die rol van ’n voor­ma­li­ge hoof aan ’n mo­del C-skool ver­tolk en SAMSON, deur die dra­ma­turg en re­gis­seur B­rett Bai­ley, ’n 21ste eeu­se her­ver­beel­ding van dié By­bel­se fi­guur.

Be­soek woord­fees.co.za vir die vol­le­di­ge pro­gram.

Fo­to: LISA HNATOWICZ

Saar­tjie Bo­tha, fees­di­rek­teur van die US Woord­fees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.