Po­li­sie­hoë uit oor ras­sis­me

‘Sy wóú verneder en ver­deel’

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

’NGe­ne­raal-ma­joor wat op 7 No­vem­ber 2016 wit op­lei­dings­be­amp­tes in die po­li­sie­kol­le­ge op Oudts­hoorn met haar ras­sis­tie­se opmerkings verneder het, is uit die po­li­sie ont­slaan.

Genl.maj. San­dra Ma­le­be-T­he­ma het Don­der­dag die ken­nis­ge­wing van haar ont­slag ont­vang, het in­ge­lig­te bron­ne gis­ter ge­sê.

Ma­le­be-T­he­ma, wat tot Don­der­dag nog die hoof van ba­sie­se op­lei­ding in die po­li­sie was, is in De­sem­ber in ’n in­ter­ne on­der­soek aan ras­sis­me skul­dig be­vind.

’n Groep po­li­sie-op­lei­dings­be­amp­tes het in De­sem­ber 2016 ’n kol­lek­tie­we grief teen haar in­ge­dien, on­der meer om­dat sy hul­le op 6 De­sem­ber 2016 voor hon­der­de re­kru­te ras­sis­ties verneder en hul­le oor hul ge­wig en kle­re­drag be­le­dig het.

Die vak­bond So­li­da­ri­teit het in No­vem­ber 2016 ’n for­me­le klag by die Men­se­reg­te­kom­mis­sie (MRK) in­ge­dien.

In Mei 2017 het die vak­bond hom tot die ar­beids­hof ge­wend in ’n po­ging om die po­li­sie te dwing om ’n in­ter­ne on­der­soek na die kwes­sie te doen.

Ma­le­be-T­he­ma het on­der meer aan­ge­voer dat wit op­lei­dings­be- amp­tes “dink dat hul­le te goed is om in la­er ran­ge te werk en dat hul­le kor­rup is”.

Sy is in De­sem­ber aan drie klag­te van erns­ti­ge wan­ge­drag skul­dig be­vind.

Adv. Su­mayya Til­ly, wat die voor­sit­ten­de be­amp­te van die tug­ko­mi­tee was, het Ma­le­be-T­he­ma se ont­slag aan­be­veel.

Kapt. Ri­a­na Vi­viers, ’n op­lei­dings­be­amp­te by die po­li­sie­kol­le­ge, het in De­sem­ber 2016 ’n saak van naam­sken­ding teen Ma­le­beT­he­ma in­ge­dien na­dat sy haar glo voor hon­der­de re­kru­te en kol­le­gas oor haar ge­wig en kle­re­drag be­le­dig het.

Vi­viers het ge­tuig dat sy so verneder en seer­ge­maak ge­voel het dat sy his­te­ries be­gin huil het.

Sy was daar­na so de­pres­sief dat sy me­die­se hulp moes kry en is la­ter in ’n hos­pi­taal op­ge­neem.

Til­ly het in die tug­ver­hoor ook Ma­le­be-T­he­ma se op­mer­king dat die wit op­lei­dings­be­amp­tes “kor­rup” is, as roe­ke­loos be­skryf.

Sy het ge­sê Ma­le­be-T­he­ma het “dis­kri­mi­ne­rend, neer­ha­lend, on­toe­laat­baar, on­aan­vaar­baar en on­van­pas” op­ge­tree toe sy opmerkings oor ras en die op­lei­dings­be­amp­tes se ge­wig ge­maak het.

Dit was bedoel “om hul­le te verneder, te be­le­dig en om ver­de­lend te wees”.

An­ton van der Bi­jl van So­li­da­ri­teit het aan­ge­voer dat Ma­le­beT­he­ma ook ge­sê het die so­ge­naam­de dis­kri­mi­na­sie teen swart ka­det­te sal stop­ge­sit word en dat daar te veel wit ge­sig­te in op­lei­dings­pos­te is.

Til­ly het in haar uit­spraak ge­sê Ma­le­be-T­he­ma se wan­ge­drag is bui­ten­ge­woon erns­tig om­dat dit neer­kom op dis­kri­mi­na­sie en dit ’n aan­val op men­se se mens­waar­dig­heid is.

“Die erns daar­van kan nie mis­ge­kyk word nie.”

Daar­by het Til­ly ook be­vind dat Ma­le­be-T­he­ma geen­sins be­rou oor haar op­tre­de ge­toon het nie.

Ma­le­be-T­he­ma het in die tug­ver­hoor aan­ge­voer dat sy niks ver­keerd ge­doen het nie, dat sy vol­staan by wat sy ge­sê het en dat sy in die toe­koms die­self­de sou doen.

Til­ly het ge­sê Ma­le­be-T­he­ma se lang en skoon diens­ge­skie­de­nis het ’n min­de­re rol in haar skul­dig­be­vin­ding ge­speel.

Haar op­tre­de het die kern van ’n werk­ver­hou­ding en die ver­troue tus­sen werk­ge­wer en werk­ne­mer ge­skend.

Sy het be­vind dat haar opmerkings e­mo­si­o­ne­le ska­de by die be­trok­ke op­lei­dings­be­amp­tes ver­oor­saak het. Dit het ook ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op hul werk- en per­soon­li­ke le­we ge­had.

Til­ly het ge­sê Ma­le­be-T­he­ma moes as ’n se­ni­or po­li­sie­vrou van be­ter ge­weet het en dat sy haar­self daar­van moes weer­hou het om dis­kri­mi­ne­rend, neer­ha­lend en on­van­pas teen­oor haar on­der­ge­skik­tes op te tree.

Vol­gens Van der Bi­jl is dié saak een van die min ge­val­le waar ge­reg­tig­heid ge­se­ë­vier het in die ge­val waar ’n swart per­soon bla­tant ras­sis­ties teen­oor wit men­se op­ge­tree het.

“Ons is ui­ter­aard ver­heug oor die uit­slag, aan­ge­sien daar baie tyd in­ge­sit en moei­te deur So­li­da­ri­teit ge­doen is om te ver­se­ker dat die po­li­sie hier kor­rek op­tree.”

B­rig. Vishnu Nai­doo, na­si­o­na­le po­li­sie­woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê dit is ’n in­ter­ne aan­ge­leent­heid en is as so­da­nig han­teer.

Vi­viers het ge­tuig dat sy so verneder en seer­ge­maak ge­voel het dat sy his­te­ries be­gin huil het.

Genl.maj. San­dra Ma­le­be-T­he­ma is Don­der­dag uit die po­li­sie ont­slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.