‘En toe vat hy my ver te­rug’

Jong joer­na­lis ver­tel van groot on­der­houd

Beeld - - Nuus - Wim P­re­to­ri­us

Vir die mees­te le­de van die jon­ger gar­de sal die dood van Jo­han Claas­sen, een van Suid-A­fri­ka se rug­by­le­gen­des, waar­skyn­lik min be­te­ke­nis hê. En wie kan hul­le bla­meer? Sy laas­te wed­stryd in ’n S­pring­bok-trui was im­mers in 1962.

Die spo­re wat hy ag­ter­laat, is eg­ter moei­lik oor die hoof te sien.

In 2014 het ek ’n on­der­houd met Claas­sen los­ge­slaan as deel van ’n hon­neurs-op­drag by die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se Pot­chef­stroom-kam­pus.

Op 84 het s­tu­den­te prof. Jo­han­nes T­he­o­do­rus Claas­sen des­tyds as ’n le­gen­da­rie­se fi­guur be­skou – nie van­weë sy rug­by­vaar­dig­he­de nie, maar eer­der as op­voed­kun­di­ge.

Toe nog 23, was dié on­der­houd my eer­ste vol­waar­di­ge proef­lo­pie as spor­t­joer­na­lis.

Na­tuur­lik het ek op el­ke moont­li­ke soek­en­jin ge­boer om oor Claas­sen se ge­skie­de­nis na te lees.

Op sy ge­vor­der­de ou­der­dom sou ek se­ker­lik oor som­mi­ge din­ge sy ge­heue moes ver­fris – of so het ek ge­dink.

Met my se­nu­wees wat hoog loop, daag ek toe by­na ’n half­uur vroeg by sy woon­plek op.

Sy ferm hand­druk laat my vin­gers skoon knak.

“Neem ’n sit­plek in,” sê hy vrien­de­lik. Ek vra waar hy ge­woon­lik sit in sy leef­a­rea. “Jy kan e­ni­ge plek sit,” ant­woord hy.

Nog voor­dat ek my eer­ste vraag kon stel, trek Claas­sen weg en word ek soos ’n ge­skie­de­nis­boek te­rug­ge­vat in ’n tyd­perk voor­dat rug­by ’n heel­tyd­se be­roep was, voor­dat pro­fes­si­o­na­lis­me die sport oor­ge­neem het, voor die tyd van Wê­reld­be­ker­rug­by­toer­nooie en voor die tyd waar re­ëls en re­gu­la­sies deur we­ten­skap­li­kes saam­ge­stel is. In my ge­dag­tes speel dit skoon in wit en swart af.

“Dok (Da­nie) Cra­ven was teen pro­fes­si­o­ne­le rug­by. Ons het eint­lik teen sy wil en sin pro­fes­si­o­neel ge­word na­dat ons ge­dwing is om dit te doen om­dat al die an­der rug­by­lan­de daar­die roe­te wou stap.”

Sy ge­sig het ver­hel­der toe hy ver­tel van sy eer­ste toets­drie in ’n S­pring­bok-trui. Dit was in 1961 teen S­kot­land op Mur­ray­field, en ná 53 jaar was die aan­loop steeds kraak­vars in sy ge­heue.

“Doug Hop­wood, die agt­ste­man, het in ’n skrum die bal op­ge­tel en be­gin hard­loop, na my uit­ge­gee en­ke­le treë voor die doel­lyn en ek het die drie ge­druk.

“Dit was eint­lik Hop­wood se drie.”

Bui­ten sy krag as voor­spe­ler het Claas­sen ook in 1961 op El­lis­park sy veel­sy­dig­heid ge­wys toe hy die Bok­ke teen Aus­tra­lië aan­ge­voer het.

In ’n tyd dat spe­si­a­lis-skop­pers skaars was en geen plaas­ver­van­gers toe­ge­laat is nie, moes die S­pring­bok­ke vin­nig plan maak toe hul­le Keith Ox­lee ver­loor het.

“Keith Ox­lee was die los­ska­kel in daar­die wed­stryd, maar moes die veld weens har­sing­skud­ding ver­laat – toe neem ek som­mer die rol van stel­skop­per in,” ver­tel Claas­sen.

“Ek het twee skop­pe van die hoek af ge­mis, maar da­rem ook twee oor­ge­skop.”

Dit was die e­nig­ste suk­ses­vol­le stel­skop­pe van sy loop­baan.

Die Bok­ke het uit­ein­de­lik die krag­me­ting met 28-3 ge­wen, met F­rik du P­reez as Claas­sen se slot­maat en Man­ne­tjies Roux wat as bui­te­sen­ter uit­ge­draf het.

En dan, met sy kop wat skoon in skaam­te sak ter­wyl hy lig­weg glim­lag, ver­tel Claas­sen die sto­rie van die e­nig­ste vuis­hou wat hy ooit uit­ge­deel het.

Dit was Ja­nu­a­rie van die­self­de jaar. Die Bok­ke het in B­rit­tan­je ge­toer en in ’n taai krag­me­ting op T­wic­ken­ham teen En­ge­land te staan ge­kom.

Die En­gel­se slot Da­vid Mar­ques het Claas­sen om­ge­krap... en daar­voor be­taal.

“Hy het my baie hard in die rug met sy knie by­ge­kom.”

Soos dit ’n goeie slot be­taam, het Claas­sen be­sluit ge­noeg is ge­noeg en met die aan­dag op die spel el­ders op die veld, kry hy een en­ke­le vuis­hou in.

“Ná die eind­fluit­jie was ek op soek na ’n dok­ter om na my rug te kyk, toe sê hul­le die dok­ter is net gou be­sig om ’n steeds lê­en­de Mar­ques se lip toe te werk,” ver­tel hy met ’n glim­lag.

Suid-A­fri­ka het dié wed­stryd met 5-0 ge­wen.

Claas­sen het in 1962 as spe­ler uit­ge­tree.

In 1965 het Cra­ven hom een aand laat ge­bel. Hy wou weet of Claas­sen vir ’n laas­te keer vir die Bok­ke wil uit­draf teen die All Blacks. Aan­vank­lik het Claas­sen in­ge­stem, maar la­ter het hy dit van die hand ge­wys.

Kort daar­na het Claas­sen sy plek as S­pring­bok-keur­der in­ge­neem en in 1970 het hy S­pring­bok-af­rig­ter ge­word.

In sy eer­ste sei­soen as Bok-af­rig­ter het die Bok­ke die All Blacks drie keer in vier wed­stry­de ge­klop.

“Ek het meer as een keer dan­kie vir die lie­we Va­der ge­sê vir die ta­len­te en ge­leent­he­de wat ek ge­kry het en sal e­wig dank­baar daar­voor wees.”

Soos Cra­ven oor Claas­sen ge­sê het: “Hiér is nou ’n so­lie­de man.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Jo­han Claas­sen en Wil­lie-John M­cB­ri­de van die B­rit­se en Ier­se Leeus skud hand ná ’n toets in die 1974-reeks teen die S­pring­bok­ke.

Jo­han Claas­sen in sy la­ter ja­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.