Kap te­rug oor ker­ke, Zu­ma, ATM

Hy slaan te­rug ná be­rig oor Zu­ma en ATM

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce

P­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa het ker­ke in ’n ooglopende hou na sy teen­stan­ders wat ker­ke deur nu­we po­li­tie­ke par­tye wil ge­bruik om ANC-steun te ver­swak, ver­soek om be­lang­ri­ke lands­kwes­sies saam met die ANC-re­ge­ring te help op­los.

Ra­map­ho­sa het dié ver­soek gis­ter aan ker­ke land­wyd ge­rig toe hy by ’n e­re­diens van die Me­to­dis­te­kerk in die Dur­ban-uit­stal­sen­trum ge­praat het.

Dit volg na­dat hy die ANC se ver­kie­sings­ma­ni­fes Sa­ter­dag in ’n stamp­vol Mo­ses Ma­bhi­da-sta­di­on in Dur­ban be­kend ge­stel het,

Sy uit­la­tings oor ker­ke gis­ter was op die­self­de dag as Rap­port se be­rig dat oud­pres. Ja­cob Zu­ma en van Suid-A­fri­ka se groot­ste swart Mes­si­aan­se ker­ke wat saam mil­joe­ne lid­ma­te het agter die stig­ting van die nu­we par­ty die A­fri­can Trans­for­ma­ti­on Mo­vement (ATM) sit.

M­z­wa­ne­le Ma­nyi, be­ken­de on­der­steu­ner van Zu­ma en die voort­vlug­ti­ge Gup­tas, het ver­le­de week die nuut­ste pro­mi­nen­te lid van die ATM ge­word.

Die Mes­si­aan­se ker­ke is lui­dens Rap­port van die groot­ste ker­ke in die land en van hul lei­ers het Zu­ma al by sy on­lang­se hof­ver­sky­nings op aan­klag­te van kor­rup­sie on­der­steun.

Gis­ter het Ra­map­ho­sa te­rug­ge­kap deur by die Me­to­dis­te-kerk­diens te sê dat ker­ke in 1912 die me­de­stig­ters van die ANC was.

“Die ANC be­hoort aan die ker­ke en dit sal nooit ver­an­der nie. Daarom is ons van­dag hier om in­spi­ra­sie en krag te put uit ons ‘ou­er’, die kerk.”

Ra­map­ho­sa het ker­ke ook ver­soek om vir die ANC te bid in die aan­loop tot die “mees kri­tie­ke en deur­slag­ge­wen­de ver­kie­sing se­dert 1994”.

“Jul­le (die kerk) moet ons help om ook die 3 miljoen kie­sers, ver­al jeug­di­ges, wat nog nie ge­re­gis­treer is nie, in die laas­te re­gis­tra­sie na­week in Ja­nu­a­rie te laat re­gis­treer .”

Ra­map­ho­sa het er­ken die ANC is die af­ge­lo­pe twee jaar “deur pyn en dat dit ge­lyk het of hy sy pad bys­ter ge­raak het”.

Hy meen die ANC sal daar­die pyn ge­bruik om sterker te word.

Hy het die ANC-ver­kie­sings­ma­ni­fes be­skryf as die par­ty se kon­kre­te plan om die e­ko­no­mie in die vol­gen­de vyf jaar te laat groei, werk te s­kep en om mis­daad daad­werk­lik te pak.

Ra­map­ho­sa het Sa­ter­dag in die Mo­ses Ma­bhi­da-sta­di­on er­ken dat fak­si­o­na­lis­me en pa­tro­naat­skap die ANC se ver­moë om die trans­for­ma­sie­pro­ses te lei en sy man­daat vir die men­se te ver­vul, ver­flou het.

Zu­ma en sy on­der­steu­ners word as groot fak­sie­dry­wers in die ANC be­skou.

Gis­ter het Sun­day Ti­mes ook be­rig hoe Ra­map­ho­sa-on­der­steu­ners die so­ge­naam­de “Zu­ma-ka­baal” se plan­ne ge­fnuik het wat Ra­map­ho­sa in die ver­leent­heid moes stel en ver­le­de week en Sa­ter­dag­se 107 de be­staans­jaar vie­rin­ge van die ANC in K­waZu­lu-Na­tal wou ont­wrig.

Die koerant het ook be­rig hoe oud­pres. T­ha­bo M­be­ki glo wei­er om met Zu­ma in ’n ad­vies­pa­neel vir oud­pre­si­den­te te dien wat Ra­map­ho­sa wil stig.

Prof. An­dré Du­ven­ha­ge, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, het gis­ter saam­ge­stem dat Ra­map­ho­sa se toe­spraak by die Me­to­dis­te­kerk Zu­ma se steun in ker­ke wou teen­werk.

“Hul­le al­bei is be­sig met ’n skaak­spel. Zu­ma mo­bi­li­seer sy steun­ba­sis, wat ker­ke in­sluit, en die ATM en an­der nu­we par­tye van sy on­der­steu­ners wat nou op­skiet, is deel van sy gro­ter te­rug­veg-stra­te­gie.”

In­tus­sen het P­hum­zi­le van Dam­me, DA-woord­voer­der oor kor­rup­sie, gis­ter ge­sê Ra­map­ho­sa het die ANC ver­kie­sings­ma­ni­fes be­kend­ge­stel ter­wyl hy om­ring was deur die “ar­gi­tek van staat­skaping” (Zu­ma) en sy tra­wan­te, en dat die ma­ni­fes wys dat die ANC geen kon­kre­te plan teen kor­rup­sie het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.