Dorp se ‘en­gel’

Sterf toe bran­der slaan

Beeld - - Voorblad - Jackie Kru­ger

Hul­de­bly­ke stroom in vir Deb­bie S­mith (31), ’n fo­to­graaf van die Suid-Kaap­se kus­dorp S­til­baai wat die na­week dood is toe sy ty­dens ’n swemuit­stap­pie deur ’n bran­der van rot­se af­ge­slaan is.

Dit het Sa­ter­dag om­streeks 16:00 by Jon­gens­fon­tein na­by S­til­baai ge­beur.

S­mith is glo deur ’n bran­der van die rot­se af­ge­slaan, sê kapt. Mal­colm Po­jie, ’n po­li­sie­woord­voer­der.

“Sy is die see in­ge­trek en het on­der die wa­ter ver­dwyn. “Sy is la­ter met veel­vul­di­ge be­se­rings aan wal ge­bring en daar deur ’n dok­ter dood ver­klaar.”

Na ver­neem word, was S­mith se man, Jo­han­nes Nau­dé, by toe die bran­der haar op die rot­se ge­tref het.

Die eg­paar be­sit ’n fo­to­gra­fie­on­der­ne­ming in die dorp. S­mith is be­kend vir die tal­le ma­triek­af­skeids- en ge­sins­foto’s wat sy ge­neem het.

Ds. Vi­an Louw van die NG kerk S­til­baai sê S­mith het 12 jaar in S­til­baai ge­woon.

“Sy was ’n en­gel in die dorp en ie­mand wat God se liefde teen­oor haar me­de­mens uit­ge­leef het. O­ral waar sy ge­gaan het, het sy ’n ver­skil pro­beer maak.”

Vol­gens Louw het is sy van die rot­se af­ge­slaan toe die eg­paar ge­du­ren­de hoog­wa­ter gaan swem het.

Haar man het na ver­neem word alles pro­beer doen om haar te red en sy voe­te en be­ne is in die pro­ses ge­sny.

Vol­gens Louw is die familie hart­seer en die ge­meen­skap diep ge­raak.

Hul­de­bly­ke vir S­mith stroom in­tus­sen op Fa­ce­book in. “En­gel-Dog­ter En­gel-Vrou S­til­baai-Lief­ling Deb­bie,” skryf No­le­ne Bou­wer op Fa­ce­book. “Haar leem­te sal nooit ooit ge­vul kan word. Haar lief­de­vol­le, pas­sie­vol­le foto’s en mooi woor­de ver­e­wig op wê­reld­wye web. S­til­baai gaan leeg wees son­der Deb­bie van De­ja­vu.” Mar­thi­nus S­try­dom sr. skryf ook op Fa­ce­book: “Sy was ’n lig­straal in S­til­baai en al­mal was ge­wel­dig lief vir haar. Ons gaan haar glim­lag mis. Ons gaan haar foto’s, wat sy met so­veel pas­sie ge­neem het, mis. Ons gaan haar warm hart mis.”

Vol­gens Po­jie sal ’n lyk­skou­ing bin­ne­kort ge­hou word en word geen ge­me­ne spel ver­moed nie. ’n Ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek is in­ge­stel.

S­mith se be­graf­nis­diens sal vol­gens Louw Sa­ter­dag in die NG kerk S­til­baai ge­hou word. Die tyd is nog nie be­kend nie.

Deb­bie S­mith

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.