Wat kits­kos kos

Af­le­we­ring via apps is só duur­der

Beeld - - Voorblad - Wil­li­am Hor­ne

Kos­af­le­we­rings­apps is ’n toe­ne­mend ge­wil­der al­ter­na­tief vir uit­eet of selfs kook, maar re­stau­ran­te vra hef­fings van 10% tot 25% bo en be­hal­we die af­le­we­rings­kos­te.

Só be­weer Si­mon Col­man, ’n sa­ke­man en blog­ger van Kaap­stad, wat on­der­soek in­ge­stel het na­dat sy dog­ter, ’n kel­ne­rin, hom daar­op ge­wys het dat hy meer op die ge­wil­de app U­berEats be­taal vir sy kos as wat dit vol­gens die re­stau­rant se eie s­pys­kaart kos.

Hy het be­re­ken dat hy 25% meer be­taal het, af­le­we­rings­kos­te uit­ge­sluit, vir die­self­de ge­reg op die app. Daar­na het hy ’n om­vat­ten­der on­der­soek ge­doen, wat op sy blog, the­li­a­bi­li­ty­guy.co.za, be­skik­baar is (“Stand and de­li­ver – The true cost of fast food de­li­very ser­vice”).

Die kos-apps stel nie die pry­se op hul di­gi­ta­le spys­kaar­te vas nie. Ti­mesLi­ve be­rig op so­wel U­berEats as Mr D Food stel die re­stau­ran­te self die pry­se vas. Die kos-apps moe­dig hul­le wel aan om dit in die pas te hou met pry­se op hul spys­kaar­te in die re­stau­rant.

Or­derIn is ook ’n ge­wil­de kos-app in Suid-A­fri­ka, maar hy maak dit dui­de­lik as ’n re­stau­rant ’n an­der prys op die Or­derIn-app vra as in die re­stau­rant self.

Col­man sê dis kom­mer­wek­kend dat nóg U­berEats nóg Mr D e­ni­ge aan­dui­ding hier­van gee. In sy on­der­soek is vier re­stau­ran­te in­ge­sluit wat in sy woon­buurt be­skik­baar is – Col’Cac­chio, Nan­do’s, S­teers en Sim­ply A­sia.

Nan­do’s en S­teers ver­hoog nie hul pry­se nie. Dié re­stau­ran­te dek die kos­te ver­bon­de daar­aan om op die app te wees deur die skaal­be­spa­ring wat ’n gro­ter tei­ken­mark bring.

Col’Cac­chio en Sim­ply A­sia dra die kos­te ver­bon­de daar­aan om op die app te wees aan die ver­brui­ker oor in die vorm van ’n hef­fing van on­der­skei­de­lik 23% en 20%.

Col­man sê hy is nie nood­wen­dig ge­kant teen dié prak­tyk nie, maar hy meen gro­ter deur­sig­tig­heid is nood­saak­lik.

“Is die diens wat deur U­ber­Eats of Mr D aan­ge­bied word, die ek­stra kos­te werd? Na my me­ning is dit waar­skyn­lik, maar waar­om word die ver­brui­ker nie in die be­stel­pro­ses in­lig as re­stau­ran­te ’n hef­fing op hul pry­se plaas nie?” vra Col­man.

“Daar is geen kon­se­kwent­heid oor hoe die ver­skuil­de kos­te ver­haal word nie en die ver­brui­ker weet dus nie wat­ter kos­te ge­hef word om die plat­form­kos­te te dek nie.”

Dié plat­form­kos­te is hoog en nie al­le re­stau­ran­te kan dit dek deur slegs gro­ter skaal­voor­de­le nie.

In die VSA, by­voor­beeld, vra U­berEats 30% van ’n re­stau­rant se prys om die kos af te le­wer, be­rig For­bes.

Col­man meen die pro­bleem is nie die prys nie, maar eer­der goeie kom­mu­ni­ka­sie so­dat ak­ku­ra­te ver­wag­tings ge­skep word.

“Die ge­deel­te van dié oe­fe­ning wat spe­si­fiek op my as ver­brui­ker be­trek­king het, is dat daar af­le­we­rings­geld is wat be­kend gemaak word wan­neer ’n mens ’n be­stel­ling doen. Dit is dié dui­de­li­ke geld wat my laat glo het dit is die e­nig­ste hef­fing wat geld,” sê Col­man.

Net­werk24 het die pry­se van vier re­stau­ran­te in die om­ge­wing van Auck­land Park, Jo­han­nes­burg, ver­ge­lyk en ’n ge­mid­del­de hef­fing van 12,3% ge­vind. Aan­ge­sien re­stau­ran­te slegs in beperkte ra­di­us­se om ’n ver­brui­ker op kos-apps toe­gank­lik is en hef­fings ver­skil van item tot item op ’n s­pys­kaart, wis­sel die ge­mid­del­de waar­skyn­lik van ge­bied tot ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.