Plek by ho­ës se ta­fels kos báie

Beeld - - Nuus - Bo­no­lo Se­le­ba­no Oud­pres. Ja­cob Zu­ma en sy vrou T­ho­be­ka Ma­di­ba-Zu­ma kom by die ga­la­di­nee aan.

Min men­se weet hoe­veel dit ge­kos het om saam met p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa aan ta­fel te sit op die ANC se ga­la­di­nee Vry­dag­aand in Dur­ban, maar dit sou meer as ’n half­mil­joen rand gewees het.

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma was on­der die po­li­ti­ci, sa­ke­lui en in­vloed­ry­kes in die ge­meen­skap wat die di­nee Vry­dag­aand in die In­ko­si Al­bert Lut­hu­li- in­ter­na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie­sen­trum by­ge­woon het in die aan­loop tot die par­ty se ver­jaars­dag­vie­ring die vol­gen­de dag.

Die ANC se ver­kie­sings­ma­ni­fes is ook Sa­ter­dag in die Mo­ses Ma­bhi­da-sta­di­on in Dur­ban be­kend gemaak.

In sy ver­wel­ko­ming het Fi­ki­le M­ba­lu­la, die ANC se ver­kie­sings­hoof, die par­ty se te­sou­rier-ge­ne­raal, Paul Mas­ha­ti­le, be­dank vir die by­een­koms se be­gro­ting.

Daar was 205 ta­fels met tien sit­plek­ke elk.

Aan Ra­map­ho­sa se ta­fel het on­der an­de­re Zin­gis­wa Lo­si, Co­sa­tu se pre­si­dent, Cal­vo Ma­we­la, uit­voe­ren­de hoof van Mul­tiC­hoi­ce SuidA­fri­ka, en P­ha­ka­ma­ni Ha­de­be, uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom, ge­sit.

Qaan­i­tah Hun­ter, Sun­day Ti­mes­joer­na­lis, het die di­nee­ta­fel-pak­ket­te op T­wit­ter ge­deel.

Om by Ra­map­ho­sa te sit, of­te­wel om die ti­taan-pak­ket te be­kom, “was on­der­han­del­baar”.

Dit sou eg­ter meer moes wees as die R500 000 wat dit ge­kos het vir ’n sitplek aan Da­vid Ma­bu­za, ad­junk­pre­si­dent, se ta­fel. By die half­mil­joen in­ge­sluit kry die sken­ker ook ’n an­der ta­fel waar hy agt van sy eie gas­te kan laat sit, maar twee plek­ke moes oop­hou vir die ANC se e­re­gas­te.

Mas­ha­ti­le het op die po­di­um toe­ge­gee dat die by­een­koms se bor­ge moes “be­taal” om daar te wees. “Hul­le be­taal om­dat hul­le ta­fels be­set waar hul­le ver­ver­sings ge­niet. Die geld wat jul­le be­taal, is vir jul kos en drankies,” het hy ge­sê.

Op die s­pys­kaart was on­der meer ge­rook­te hoen­der­bor­sies en ge­pe­kel­de broc­co­li en a­vo­ka­do­mous­se as voor­ge­reg, lams­vleis en ge­ka­ra­me­li­seer­de ui­tjies as hoof­ge­reg en vir na­ge­reg si­troen­gras­crè­me brû­lée.

Bui­te die eet­saal in die om­ge­wing van die kroeg het drankies soos Hen­nes­sy 1765- beperkte-uit­ga­we-kon­jak R45 per glas ge­kos en R1 350 ’n bot­tel. G­len­fi­d­dich en G­len­li­vet Single Malt Whis­ky het R50 ’n glas of R1 500 ’n bot­tel ge­kos.

P­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa, in ’n swart pak en das met die ANC­kleu­re, was die hoof­spre­ker.

Van die gas­te op die rooi ta­pyt was on­der an­de­re Ay­an­da Dlod­lo, mi­nis­ter van o­pen­ba­re sa­ke en ad­mi­nis­tra­sie, Mi­cha­el Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, en Sen­zo M­chu­nu, die ANC se hoof van or­ga­ni­sa­sie.

Foto’s: FELIX DLANGAMANDLA

ANC-le­de kom Sa­ter­dag by­een by die Mo­ses Ma­bhi­da-sta­di­on in Dur­ban waar die ANC se ver­kie­sings­ma­ni­fes be­kend gemaak is.

P­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa aan die woord by die be­kend­stel­ling van die ANC se ver­kie­sings­ma­ni­fes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.