Zon­do-kom­mis­sie sit weer

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die Zon­do-kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping her­vat van­dag sy werk­saam­he­de na­dat hy vir die fees­tyd ver­daag het.

Eerw. M­buyi­se­lo S­te­me­la, die woord­voer­der, sê die kom­mis­sie, on­der voor­sit­ter­skap van ad­junk­hoof­reg­ter Ray­mond Zon­do, sê ver­rig­tin­ge sal om­streeks 10:00 in Park­town, Jo­han­nes­burg, voort­gaan.

“Die kom­mis­sie sal op dié dag eg­ter geen mon­de­ling­se ge­tui­e­nis aan­hoor nie. Hy sal han­del met ’n aan­soek van ’n pro­se­du­re­le aard met be­trek­king tot som­mi­ge van die ge­tui­e­nis wat hy in die op­vol­gen­de dae sal aan­hoor.

“Vir die res van die week sal die kom­mis­sie mon­de­ling­se ge­tui­e­nis aan­hoor, maar in dié sta­di­um sal geen be­son­der­he­de van ge­tui­es wat sal ge­tuig be­skik­baar gemaak word nie.

“As dit ge­pas is om dit te doen, sal die na­me van ge­tui­es la­ter be­kend gemaak word,” sê S­te­me­la in ’n ver­kla­ring.

Die kom­mis­sie het se­dert sy sit­ting in 2018 be­gin het, plof­ba­re ge­tui­e­nis van hui­di­ge en ge­we­se hoog­ge­plaas­te po­li­ti­ci en staat­sOud-

‘‘

Vir die res van die week sal die kom­mis­sie mon­de­ling­se ge­tui­e­nis aan­hoor, maar in dié sta­di­um sal geen be­son­der­he­de van ge­tui­es wat sal ge­tuig be­skik­baar gemaak word nie.

— Eerw. M­buyi­se­lo S­te­me­la

amp­te­na­re aan­ge­hoor, asook van die groot vier ban­ke met be­trek­king tot staat­skaping waar­by oud­pres. Ja­cob Zu­ma en die voort­vlug­ti­ge Gup­tas sen­traal be­trek word.

Van die eer­ste ge­tui­es was M­ce­bi­si Jo­nas, voor­ma­li­ge ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies, Vy­tjie Men­tor, voor­ma­li­ge ANC-LP, T­hem­ba Ma­se­ko, voor­ma­li­ge hoof van die re­ge­rings e kom­mu­ni­ka­sie diens, en P­hum­la Wil­li­ams, waar­ne­men­de ka­bi­net s woord­voer­der.

en hui­di­ge mi­nis­ters soos Nhlanhle Ne­ne, Pra­vin Gord­han, Bar­ba­ra Ho­gan en adv. N­go­a­ko Ra­mat­l­ho­di het ook ge­tuig.

Ra­mat­l­ho­di se ge­tui­e­nis het Suid-A­fri­ka be­hoor­lik laat reg­op sit toe hy on­der meer in fyn be­son­der­he­de ge­tuig het wat­ter ver­lam­men­de ef­fek Zu­ma en die Gup­tas se gif­ti­ge ver­hou­ding op die ANC en die land ge­had het.

Hy het ook ge­tuig hoe die Gup­tas hul­self om Zu­ma ge­wurm het “soos ’n lui­slang wat sy prooi ver­smoor” en hoe Zu­ma op vrae daar­oor net ge­ant­woord het dat die Gup­tas die e­nig­ste men­se was wat sy kin­ders Du­du­za­ne en Ed­ward ge­help het.

Ge­ïm­pli­seer­des soos Zu­ma, sy seun Du­du­za­ne, die Gup­tas en an­der het eg­ter aan­soek by die kom­mis­sie ge­doen om van die ge­tui­es te kruis­on­der­vra.

Ne­ne was ook die kom­mis­sie se eer­ste ho­ë­pro­fiel­slag­of­fer na­dat hy kort ná sy ge­tui­e­nis as mi­nis­ter van fi­nan­sies be­dank het.

Selfs G­we­de Man­tas­he, die ANC­voor­sit­ter, het na­mens die par­ty voor die kom­mis­sie ver­skyn, met p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa wat na ver­wag­ting la­ter van­jaar die re­ge­ren­de par­ty se rol in staat­skaping sal ver­dui­de­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.