Hoe byt hard­lo­per vas ná hy sy tan­de ver­loor het?

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Ge­soek: ’n par­k­run­ner in Roo­de­poort wat Sa­ter­dag ál­les, tot sy val­stan­de, ge­gee het.

Me­de­hard­lo­pers moet net vas­byt, want die ei­e­naar sal sy tan­de dalk bin­ne­kort flui­tend kom haal.

Dít was van die pit­ti­ge kom­men­taar die na­week op Roo­de­poort par­k­run se Fa­ce­book-blad na­dat ’n foto van val­stan­de daar­op ge­plaas is.

Kip Nor­man, ’n vry­wil­li­ger by dié par­k­run, sê hy het die vals tan­de ná Sa­ter­dag se wed­loop na­by die eind­punt van die baan in Roo­de­poort op­ge­tel.

“Ek het ’n foto daar­van op ons Fa­ce­book-blad ge­plaas in die hoop dat die ar­me siel wat dit ver­loor het die tan­de sal op­eis. Ek het die bood­skap by die tan­de so ’n bietjie hu­mo­ris­ties ge­skryf en was bly om te sien dit het die ver­wag­te resultaat op­ge­le­wer: Die bood­skap is wyd ver­sprei.”

Nor­man se bood­skap by die tan­de lui dat “po­si­tie­we i­den­ti­fi­ka­sie” be­no­dig word van wie die tan­de op­eis. Teen gis­ter­mid­dag het 156 men­se al op die bood­skap gereageer, 39 men­se het kom­men­taar ge­le­wer en dis 42 keer ge­deel.

Die ei­e­naar van die tan­de was eg­ter steeds soek.

Nor­man sê meer as 1 000 men­se het Sa­ter­dag deel­ge­neem.

“Val­stan­de word vir ’n spesifieke in­di­vi­du gemaak en dis duur om te ver­vang. Ons hou die e-pos­a­dres wat in die Fa­ce­book­pla­sing ge­gee word vir in­lig­ting oor die ei­e­naar van die tan­de fyn dop. Ek is be­reid om die tan­de na die ei­e­naar te neem as hy na vo­re kom. Ons waar­borg dat die si­tu­a­sie dis­kreet han­teer sal word en ons die ei­e­naar se i­den­ti­teit ver­trou­lik en a­no­niem sal hou.”

Nor­man ver­moed die tan­de het moont­lik uit die ei­e­naar se sak ge­val ge­du­ren­de Sa­ter­dag se ge­leent­heid.

Tal­le men­se het met skreeu­snaak­se kom­men­taar op Nor­man se pla­sing re­a­geer. Een het op­ge­merk die tan­de is ten minste skoon. Nog een wou by haar “ba­by” weet of hy nog van­og­gend sy tan­de het. Ie­mand meen dié deel­ne­mer het ’n gro­ter hap ge­neem as wat hy kon kou, ter­wyl ie­mand an­ders ge­won­der het of DNS-toet­sing no­dig sou wees vir i­den­ti­fi­ka­sie.

Die tan­de kan op­ge­ëis word deur e-pos na roo­de­poor­tof­fi­[email protected] par­k­run.com te stuur.

Die pla­sing met ’n foto van die val­stan­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.