Be­dan­king van Meg­han se lyf­wag skud Sus­sexe se huis­hou­ding

Beeld - - Nuus - saam­ge­stel deur Ar­le­ne Prins­loo

Be­spie­ge­lings dat Meg­han, her­to­gin van Sus­sex, suk­kel om aan te pas in die vis­bak­be­staan van die B­rit­se ko­nink­li­kes is gis­ter aan­ge­voer as re­de vir die be­dan­king van haar vrou­li­ke lyf­wag, be­rig die B­rit­se Sun­day Ti­mes.

Se­ni­or le­de van die ko­nink­li­ke familie het 24 uur be­sker­ming, en om dié re­de is die toe­wy­sing van die vrou­li­ke lyf­wag ver­le­de jaar ver­wel­kom. Haar naam is nie be­kend nie.

Sy was ver­al op prins Har­ry en Meg­han se toer ver­le­de jaar in Ok­to­ber na Aus­tra­lië, Ni­euSee­land, Fidji en Sa­moa in die kol­lig toe sy Meg­han bin­ne mi­nu­te uit ’n be­dry­wi­ge mark in Fidji laat kom het.

’n Bron in S­cot­land Yard het aan Sun­day Ti­mes ge­sê hoe­wel Meg­han as ak­tri­se in die kol­lig was, is dit moei­lik om ge­woond te raak aan ’n per­ma­nen­te lyf­wag.

Die lyf­wag het ook uit die B­rit­se po­li­sie­diens be­dank. Daar word ge­hoop dat Meg­han weer ’n vrou­li­ke lyf­wag sal kry.

Die lyf­wag het kwa­lik ses maan­de as Meg­han se per­soon­li­ke lyf­wag diens ge­doen.

Dié be­dan­king, die der­de uit die prins en sy vrou se huis­hou­ding, sal ge­rug­te ver­sterk dat dit nie mak­lik is om vir Meg­han te werk nie.

’n Assistent, Melissa Tou­ab­ti, het ook ná net ses maan­de haar be­dan­king in­ge­dien.

Ook Sa­man­tha Co­hen, wat eers vir ko­nin­gin E­li­za­beth ge­werk het en ná haar be­dan­king in die ko­nin­gin se huis­hou­ding om­ge­praat is om Meg­han te help, het be­sluit om die her­to­gin se diens te ver­laat.

Hard­nek­ki­ge ge­rug­te uit die Ken­sing­ton-pa­leis oor hoe moei­lik dit is om vir Meg­han te werk, dat Har­ry en sy broer, prins Wil­li­am, se ver­hou­ding nog nie her­stel het na­dat Wil­li­am sy be­kom­mer­nis oor die vin­ni­ge ver­loop van Har­ry en Meg­han se ver­hou­ding uit­ge­spreek het nie, en dat Meg­han en Cat­her­i­ne, her­to­gin van Cam­brid­ge, ’n woor­de­wis­se­ling ge­had het, doen al maan­de die ron­de.

Cat­her­i­ne en Meg­han is glo deur ko­nin­gin E­li­za­beth aan­ge­spreek om ’n vriend­skap­li­ke voet ty­dens die ko­nink­li­kes se Kers­diens voor te sit, wat al­bei ge­doen het.

Cat­her­i­ne en Har­ry was eg­ter nie ver­le­de na­week op die gas­te­lys toe Cat­her­i­ne ’n vroeë ver­jaar­dag­vie­ring in An­mer Hall, Nor­folk, ge­hou het nie.

Sy en Wil­li­am is ver­le­de Son­dag saam met hul huis­vrien­de ge­sien toe hul­le die og­gend­e­re­diens op San­dring­ham by­ge­woon het.

Meg­han en Har­ry woon Woens­dag­aand ’n ver­to­ning van Ci­r­que du So­leil in die Roy­al Al­bert Hall by. – The Ti­mes, El­le,

Foto: GETTY IMAGES

Meg­han, her­to­gin van Sus­sex.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.