Ma­la­wie­se vrou in bed dood­ge­skiet

Beeld - - Nuus - – Su­san Cil­liers

’n Ma­la­wie­se vrou is Sa­ter­dag net voor mid­der­nag in haar bed in haar huis na­by Hart­bees­poort dood­ge­skiet.

Ma­yor Be­za (27) is twee keer in die bo­lyf geskiet, het kapt. Sam T­se­la­ny­a­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, gis­ter ge­sê.

Be­za en haar ver­loof­de, Ri­chard P­hi­ri (30), het ge­lê en slaap in hul bed in die hoe­we­huis waar hul­le woon. Vyf mans het om­streeks 23:55 ’n deur met ver­moe­de­lik ’n staal­pyp oop­ge­breek.

“P­hi­ri het om hulp ge­skree,” sê T­se­la­ny­a­ne. “Een van die ro­wers het Be­za toe twee keer geskiet. Hul­le het P­hi­ri daar­na in die on­der­lyf ge­wond en ge­vlug.”

Na­dat hulp ont­bied is, is P­hi­ri na ’n hos­pi­taal in B­rits ge­bring. Be­za is op die to­neel dood ver­klaar.

Die po­li­sie het drie koe­ël­dop­pies op die to­neel ge­vind, sê T­se­la­ny­a­ne.

Dis on­be­kend of e­nig­iets ge­steel is om­dat P­hi­ri in sy swaar ge­won­de toe­stand nie kon vas­stel of ar­ti­kels uit die huis ver­mis word nie. P­hi­ri doen los wer­kies in die om­ge­wing.

Nie­mand was nog teen gis­ter­mid­dag in heg­te­nis ge­neem nie. Die po­li­sie on­der­soek ’n saak van moord, po­ging tot moord en huis­roof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.