SA man raak­ge­ry by tyd­ren in Da­kar

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die voor­lo­per in die af­de­ling vir vrag­mo­tors in die Da­kar-tyd­ren is Vry­dag ge­skors na­dat hy ver­suim het om stil te hou na­dat hy ’n Suid-A­fri­ka­ner raak­ge­ry het.

Die or­ga­ni­seer­ders van die wed­ren sê in ’n amp­te­li­ke ver­kla­ring op so­si­a­le me­dia die 60ja­ri­ge Suid-A­fri­ka­ner het langs ’n ge­deel­te van die roe­te ge­staan wat nie vir toe­skou­ers af­ge­merk is nie.

And­rey Kar­gi­nov, deel­ne­mer nr. 518, het ver­suim om stil te hou.

Die voor­val het in die vyf­de skof op 279 km van die SS-ge­deel­te van dié ge­wil­de tyd­ren in Pe­ru ge­beur.

Die or­ga­ni­seer­ders sê Kar­gi­nov is deur die wed­ren se ju­rie skul­dig be­vind dat hy ver­suim het om by ’n on­ge­luks­to­neel stil te hou.

Hy is daar­na uit die tyd­ren ge­skors.

Die Suid-A­fri­ka­ner se bo­been is ge­breek.

Hy is deur ’n me­die­se span op die to­neel be­han­del voor­dat hy na die lug­ha­we in Ilo ver­voer is.

Van daar is hy per lug­am­bu­lans na ’n hos­pi­taal in A­re­qui­pa ge­bring.

Die or­ga­ni­seer­ders het daar­na ’n be­roep op toe­skou­ers ge­doen om in die af­ge­sper­de ge­bie­de te bly.

Op so­si­a­le me­dia was men­se meest­al ont­sto­ke oor Kar­gi­nov se skor­sing en meen hul­le hy het dalk nie be­sef hy het ie­mand raak­ge­ry nie.

Suid-A­fri­ka­ners het ook gou die draak ge­steek met hul be­seer­de land­ge­noot en ge­sê dit is net ’n Suid-A­fri­ka­ner wat sul­ke skan­des sal maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.