Drie ge­wond in skie­te­ry by strand

Beeld - - Nuus - – Christiaan du P­les­sis

Drie jong men­se het erns­ti­ge skiet­won­de op­ge­doen toe twee groe­pe men­se Sa­ter­dag in B­rig­h­ton Be­ach, Dur­ban, op me­kaar los­ge­brand het.

Kapt. N­qo­bi­le G­wa­la, ’n po­li­sie­woord­voer­der in K­waZu­luNa­tal, sê die twee groe­pe het Sa­ter­dag om­streeks 23:10 in Fo­res­ho­re­ry­laan be­gin stry.

“Daar word be­weer dat sko­te af­ge­vuur is toe die stry­e­ry er­ger be­gin raak het,” sê G­wa­la.

Gar­rith Ja­mie­son, die be­dryfs­be­stuur­der van Res­cue Care, sê in ’n ver­kla­ring twee vroue en ’n man het op die grond ge­lê toe nood­diens­wer­kers op die to­neel aan­kom. Hul­le is al drie ver­moe­de­lik in hul 20’s.

Die twee vroue het skiet­won­de in hul bo­lyf ge­had.

Die po­li­sie het op vuur­wa­pens be­slag ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.