EFF-geld teen ont­ei­e­ning ge­bruik

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die bur­ger­reg­te or­ga­ni­sa­sie Afr i Forum gaan al­le geld wat hy weens regs­kos­te van die EFF ont­vang, in die hof aan­wend om po­gings te be­veg om die Grond­wet te wy­sig om die ont­ei­e­ning van grond son­der ver­goe­ding moont­lik te maak.

Kal­lie K­riel, uit­voe­ren­de hoof van A­friForum, het dit gis­ter be­ves­tig na­dat sy or­ga­ni­sa­sie die af­ge­lo­pe maan­de reeds twee be­ta­lings van meer as R100 000 elk van die EFF ont­vang het.

A­friForum sal om dié re­de ook nie meer ba­tes van Ju­li­us Ma­le­ma se par­ty waar­op die bal­ju reeds be­slag ge­lê het op vei­lings ver­koop voor­dat die regs­pro­ses­se oor drie an­der uit­staan­de kos­te­be­ve­le tussen die par­tye af­ge­han­del is nie.

Vol­gens K­riel het die EFF op 10 Ja­nu­a­rie vir die twee­de keer ’n be­ta­ling van R108 960,79 aan A­friForum gemaak.

Dít na­dat dié par­ty in No­vem­ber 2018 ook R126 703,59 aan A­friForum be­taal het.

Die be­ta­lings volg na­dat A­friForum se­dert Maart 2017 vyf kos­te­be­ve­le in vyf ver­skil­len­de hof­ver­sky­nings in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria teen Ma­le­ma en die EFF be­kom het.

Die ge­sa­ment­li­ke be­drag wat die EFF in regs­kos­te aan A­friForum skuld, be­loop vol­gens K­riel so­wat R550 000.

“Die uit­staan­de drie kos­te­be­ve­le gaan eers la­ter ver­haal word aan­ge­sien twee daar­van nog ge­tak­seer moet word en een onderhewig is aan ’n ap­pèlaan­soek wat deur Ma­le­ma en die EFF ge­bring is.”

K­riel sê die vyf kos­te­be­ve­le spruit voort uit ’n hof­ge­ding wat A­friForum vroe­ër teen Ma­le­ma en die EFF aan­han­gig gemaak het om ’n in­ter­dik te be­kom om hul­le te ver­bied om men­se aan te hits om grond on­wet­tig te be­set of be­tree.

Die hoog­ge­regs­hof het op 7 Maart 2017 die in­ter­dik met kos­te toe­ge­staan.

Nog regs­kos­te­be­ve­le spruit uit ’n be­straf­fen­de kos­te­be­vel na­dat die EFF hul hof­do­ku­men­te in hul eie aan­soek om ter­sy­de­stel­ling teen bo­ge­noem­de in­ter­dik laat in­ge­dien het. Dié aan­soek is la­ter van die hand ge­wys na­dat die EFF se reg­span ook nie vir hof­ver­rig­tin­ge op­ge­daag het nie en ’n ver­de­re kos­te­be­vel is teen hul­le uit­ge­reik.

Daar­na is nog ’n kos­te­be­vel uit­ge­reik weens min­ag­ting van die hof­be­vel na­dat Ma­le­ma voort­ge­gaan het om grond­gry­pe aan te moe­dig, ter­wyl die laas­te kos­te­be­vel ge­spruit het uit ’n on­suk­ses­vol­le hof­aan­soek van die EFF om te ver­hoed dat A­friForum die EFF se ei­en­dom ver­wy­der en op ’n vei­ling ver­koop om die regs­kos­te te ver­haal.

Ma­le­ma en die EFF ap­pel­leer teen die in­ter­dik wat aan­vank­lik op 7 Maart 2017 be­kom is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.