Vlug­te­ling-vrou kom in Ka­na­da aan

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

’n Vrou van Sa­oe­di-Ara­bië wat nie na haar familie te­rug­ge­stuur wou word nie om­dat sy vir haar le­we vrees, het Sa­ter­dag op die in­ter­na­si­o­na­le lug­ha­we in Toron­to, Ka­na­da, aan­ge­kom na­dat dié land a­siel aan haar toe­ge­staan het.

Chry­stia F­ree­land, mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, het Ra­haf Mo­ham­med al-Qu­nun op die lug­ha­we ver­wel­kom.

Qu­nun het wê­reld­wyd op­slae gemaak na­dat sy haar­self in ’n ho­tel­ka­mer in Bang­kok, T­hai­land, toe­ge­sluit het om te keer dat sy na haar familie te­rug­ge­stuur word. Die familie ont­ken dat hul­le haar mis­han­del het.

Toe haar pa en broer in Bang­kok aan­kom om haar te kom haal, het Qu­nun ge­wei­er om hul­le te sien.

In haar laas­te twiet voor­dat sy na Toron­to ver­trek het, het Qu­nun ge­sê: “ek het dit ge­doen” en foto’s van die bin­ne­kant van die vlieg­tuig ge­deel.

F­ree­land het aan ver­slag­ge­wers op die lug­ha­we ge­sê Qu­nun is “’n baie dap­per Ka­na­dees”.

Ka­na­da se be­sluit om a­siel aan Qu­nun toe te staan kom te mid­de van ver­suur­de be­trek­kin­ge tussen Ka­na­da en Sa­oe­di-Ara­bië na­dat Ka­na­da op die vry­la­ting van ak­ti­vis­te in tron­ke aan­ge­dring het.

Sa­oe­di-Ara­bië het al­le nu­we han­del met Ka­na­da ge­staak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.