Fo­to­graaf ge­ta­kel wat help by brand

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

In die na­draai van Vry­dag se ver­woes­ten­de brand in Bet­tys­baai moes ’n fo­to­graaf wat tal­le men­se ge­red én die cha­os af­ge­neem het, hom op T­wit­ter ver­de­dig.

Jus­tin Sul­li­van van Hout­baai, wat be­kend is vir die fo­to­gra­fie en vi­de­o­werk wat hy saam met brand­weer­be­amp­tes doen, het ’n vi­deo van twee mi­nu­te op so­si­a­le me­dia ge­plaas wat van die dra­ma­tie­se to­ne­le wys.

Hier­op het Jen­nie Ridy­ard ge­ant­woord dit is haar ne­fie op die vi­deo by sy ou­ma wat ge­val het. “Die per­soon wat die vi­deo ge­neem het, was die e­nig­ste amp­te­li­ke soort per­soon wat hul­le ge­sien het . . . Bly dat hy sy foto ge­kry het.”

Hier­op ant­woord Sul­li­van hy het Vry­dag tal­le men­se ge­help. Hy het die vrou ge­vra of sy hulp no­dig het, en sy het ge­sê sy is “ou­kei”. Hy sê ver­der in sy ant­woord aan Ridy­ard hy is nie ’n amp­te­li­ke per­soon nie en het die brand­weer na hul­le toe ge­stuur. “Moe­nie sar­kas­me uit­deel as jy nie al die in­lig­ting het nie.”

Sul­li­van het by na­vraag Vry­dag se er­ge dra­ma in Bet­tys­baai be­skryf. “Dit was ’n moei­li­ke dag. Die wind het so erg ge­waai, ek kon by­na nie staan­de bly nie. Dit was to­ta­le cha­os,” sê hy.

Hy was be­sig om ’n man na ’n am­bu­lans te bring toe hy die vrou langs die pad ge­sien het. Hy het te­rug­ge­gaan en haar en an­der men­se na vei­lig­heid ge­bring.

“Ek het ver­by die vrou ge­ry, die man by ’n am­bu­lans af­ge­laai en te­rug­ge­gaan om haar te help. Ek het by haar ge­stop en ge­skree ‘klim in die kar, klim in die kar’,” ver­tel Sul­li­van.

Hy sê dit wat hy ver­film wan­neer hy to­ne­le soos dié af­neem, ver­tel wat ge­beur het en hy hoop ook men­se kan daar­uit leer hoe dit in sul­ke ge­vaar­li­ke om­stan­dig­he­de is, wat hul­le kan ver­wag en hoe hul­le moet re­a­geer.

“Die een goeie ding wat ek ge­sien het, is dat men­se na de­le ge­vlug het waar dit rots­ag­tig is. Dit was goed. Wat my wel ge­pla het, is hoe vin­nig men­se ge­jaag het op die paaie ter­wyl die sig baie sleg was weens die rook en men­se in die paaie ge­staan of ge­hard­loop het. Ek was bang ie­mand word raak­ge­ry.”

Die vi­deo wat Sul­li­van op YouTu­be ge­plaas het, is gis­ter reeds meer as 300 000 keer ge­kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.