S­kil­lies, bok­kie uit bran­de ge­red

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

Tal­le wil­de die­re waar­on­der 33 skil­paaie en ’n grys­bok is ge­red ty­dens die ver­woes­ten­de bran­de in die Bet­tys­baai- en Her­ma­nus-ge­bied in die WesKaap.

Cor­né Uys (17), ’n jong slang­van­ger van Her­ma­nus, en sy pa, Hugo, het Vry­dag die 33 skil­paaie ge­red.

Vol­gens Cor­né was hy Vry­dag by sy skool, die Ho­ër­skool Her­ma­nus, toe die ge­bou om­streeks 13:45 ont­ruim moes word om­dat die brand na­by was.

Sy pa het hom toe kom haal. “Ons het berg-op ge­ry. Vir drie tot vier uur was ons in en uit die vlam­me. Ons het 33 skil­paaie ge­red. Ons het aan­ge­hou tot­dat ons nie meer plek op die bak­kie ge­had nie.”

Vol­gens hom het die­re soos bok­kies vir die vlam­me ge­vlug.

“Ek moes een skil­pad uit die vlam­me gaan haal. Dit het ge­lyk of sy ge­sig be­gin smelt het, maar ek het sy ge­sig nat­ge­maak en daar­na was hy fi­ne,” ver­tel Cor­né.

Vry­dag­aand se re­ën het die brand ge­blus in die ge­bied waar Cor­né-hul­le die skil­paaie ge­red het.

Hy en sy pa het die skil­paaie af­ge­spoel en wa­ter ge­gee en Sa­ter­dag in die Fern­kloof-na­tuur­re­ser­vaat vry­ge­laat, waar Cor­né-hul­le al­tyd slan­ge vry­laat.

“Dit het ons om­trent die heel­dag be­sig ge­hou,” sê hy. “Sa­ter­dag het ek en my pa in die val­lei ge­help waar dit brand. Dit lyk maar sleg daar.”

Cor­né het ook sy er­va­ring en foto’s op sy Fa­ce­book-blad ge­deel. Die in­skry­wing is reeds deur meer as 2 000 men­se be­sig­tig.

Vol­gens die Fa­ce­book-blad van die Country A­ni­mal C­li­nic op So­mer­set-Wes is ’n grys­bok met on­der meer ge­bran­de po­te en ore deur Wyn­land­se brand­be­stry­ders ge­vind en deur ER24-pa­ra­me­di­ci in ’n am­bu­lans na die vee­arts ge­bring.

’n Vee­arts op by­stand het gis­ter ge­sê die bok­kie is tans by die Cot­ta­ge Vet. Die kli­niek het Sa­ter­dag op sy Fa­ce­book­blad ge­sê die bok­kie word by ’n vee­arts se huis ver­sorg en hul­le hoop vir die bes­te.

Die K­lein­mond-die­re­wel­syns­or­ga­ni­sa­sie het Sa­ter­dag op Fa­ce­book men­se be­dank vir al die sken­kings en ge­skryf die­re in sy ge­bied is vir eers veilig.

Foto’s: COR­NÉ UYS, FA­CE­BOOK

Die skil­paaie rek ’n bietjie be­ne na­dat hul­le ge­red is.

Van die 33 skil­paaie wat Cor­né Uys en sy pa, Hugo, van Her­ma­nus ge­red het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.