CNN nie baie ge­loof­waar­dig

Beeld - - kommentaar -

In Beeld (07.01) word ons op­nuut on­der die be­sef ge­bring van die hel en pyn wat die naas­be­staan­des van Gert van Rooy­en se slag­of­fers elke dag moet er­vaar.

On­ge­ag die kri­tiek wil ek be­klem­toon dat die po­li­sie hier­die saak deeg­lik on­der­soek en die kor­rek­te fei­te in die ge­reg­te­li­ke on­der­soek voor die hof ge­plaas het. Daarom het die hof, on­danks die af­we­sig­heid van ly­ke, be­vind dat Van Rooy­en ver­ant­woor­de­lik was vir die ver­dwy­ning van die ses mei­sies wie se foto’s ons in Beeld sien.

Na­dat sy laas­te slag­of­fer daar­in ge­slaag het om te ont­snap, het die po­li­sie blit­sig op­ge­tree. S­peur­ders het Van Rooy­en en Joey Haar­hoff in P­re­to­ria in­ge­wag toe hul­le van Dur­ban te­rug­ge­keer het, maar Van Rooy­en het snuf in die neus ge­kry en weg­ge­jaag, waar­na hy Haar­hoff en hom­self dood­ge­skiet het. Hy was deu­ren­tyd in be­sit van twee hand­wa­pens, wat dit baie on­waar­skyn­lik maak dat hy le­wend ge­ar­res­teer sou kon word.

Ons moet ont­hou dat hy reeds in 1979 vier jaar tronk­straf ge­kry het na­dat hy twee tie­ner­mei­sies ont­voer en on­se­de­li­ke da­de met hul­le ge­pleeg het. As hy toe al ’n ordentlike von­nis ge­kry het, kon hy steeds in die tronk gewees het in die 1980’s, toe die ses mei­sies ont­voer is.

Dit is dus nie net die po­li­sie wat ge­bla­meer moet word vir wat ver­keerd ge­loop het nie. Ek weet nie van an­der sa­ke waar­aan so­veel tyd, geld, hulp­bron­ne en men­se­krag be­stee is soos juis aan die Van Rooy­en-saak nie.

Daar moet eg­ter al­tyd klein jak­kal­sies wees wat die win­gerd ver­woes. Die naas­be­staan­des voel met reg dat daar geen y­wer meer is om die saak ver­der te on­der­soek nie, want hul­le glo die po­li­sie se be­lang­stel­ling het be­gin taan. Ek glo dat die po­li­sie se kom­mu­ni­ka­sie hul­le nou in die steek laat. Dit op sig­self ver­on­ge­luk al die goeie werk wat voor­heen ge­doen is om een van die ter­gend­ste ge­hei­me in ons land se mis­daad­ge­skie­de­nis op te klaar.

Daarom vind ek dit jam­mer dat die vonk by wy­se van ’n pe­ti­sie nou weer in die po­li­sie aan­ge­steek moet word. Net ’n vra­gie aan al die so­ge­naam­de ken­ners met hul groot uit­spra­ke oor die A­me­ri­kaan­se po­li­tiek.

Sê as­se­blief waar kom jul­le aan al jul “ken­nis”.

CNN is ver­re­weg nie die groot­ste nuus­net­werk in A­me­ri­ka nie, en weens sy naak­te haat jeens p­res. Do­nald Trump ook nie die ge­loof­waar­dig­ste nie.

Moet as­se­blief nie hie­r­uit af­lei dat ek ’n be­won­de­raar van die kê­rel is nie.

Daar het ty­dens die laas­te op­na­me in 2014 meer as 80 000 Suid-A­fri­ka­ners in A­me­ri­ka ge­woon. Vra ge­rus hul me­ning oor die hui­di­ge op­set en moe­nie ver­baas wees as die meer­der­heid nie met CNN saam­stem nie.

Ob­jek­ti­wi­teit is net moont­lik as jy na al­le kan­te van die sto­rie luis­ter en jou sie­ning dan met ’n oop ge­moed vorm.

Te veel men­se hou daar­van om in die tyd van so­si­a­le me­dia aan hul neu­se rond­ge­lei te word son­der om ’n in­drin­gen­de on­der­soek na die werk­li­ke toe­drag van sa­ke te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.