Be­kyk nu­we skild­klier­pil­le

Beeld - - kommentaar -

Ek ge­bruik al die af­ge­lo­pe 14 jaar ’n be­ken­de mid­del vir ’n on­ak­tie­we skild­klier.

Twee we­ke te­rug het ek die nu­we for­mu­le be­gin ge­bruik en ui­ter­ste moeg­heid er­vaar.

Aan die be­gin van ons nu­we werk­jaar kon ek skaars loop. Ek moes elke paar treë gaan sit om my krag­te te pro­beer her­win.

’n Kol­le­ga het my dok­ter toe ge­neem en ek is in die hos­pi­taal op­ge­neem.

Ek het nie een keer in die hos­pi­taal die nu­we me­di­sy­ne ge­bruik nie en voel nou baie be­ter.

Die in­ter­net we­mel van sto­ries oor die tal­le ne­we­ef­fek­te van die nu­we for­mu­le. By my plaas­li­ke ap­teek het ek ge­hoor daar is baie klag­tes en een van die werk­ne­mers is ook in die hos­pi­taal op­ge­neem.

Dit sal won­der­lik wees as ie­mand die pro­duk en die klag­tes kan on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.