U diens

Beeld - - Tot U Diens - To­tu­[email protected]

on­der re­dak­sie van

Ray­mond Wil­lem­se Lynn S­teyn was nie be­ïn­druk deur die Rus­ten­burg-mu­ni­si­pa­li­teit se diens­te nie.

“Ons het in De­sem­ber 2017 ’n huis ver­koop. Dit is vol­gens wet ver­plig­tend om drie maan­de se ta­rie­we aan die mu­ni­si­pa­li­teit te be­taal voor­dat die wo­ning op die nu­we ei­e­naar se naam ge­re­gis­treer mag word.”

S­teyn sê hul­le suk­kel nou om die ba­lans te­rug te kry.

“Elke keer van die baie, baie ke­re word ek mee­ge­deel dit sal bin­ne twee we­ke in ons re­ke­ning be­taal word. Soos ek ge­noem het, is ons wet­lik ver­plig om die be­drag te be­taal. Wat van die mu­ni­si­pa­li­teit se ver­plig­ting?”

S­teyn het laat weet sy het haar geld te­rug­ge­kry.

Li­zel­le van As­we­gen se klag­te gaan oor Mo­men­tum.

“My seun was die og­gend van 3 Mei 2018 in sy Toyo­ta Tazz op pad kol­le­ge toe in ’n on­ge­luk. Die skul­di­ge par­ty het aan die ver­keer­de kant van die pad ge­ry en in hom vas­ge­ry. My seun het ’n bot­sing reg van voor pro­beer ver­my en uit­ge­draai. Die an­der par­ty het toe op die nip­per­tjie ook uit­ge­draai, maar was te laat.”

Van As­we­gen sê Mo­men­tum het die voer­tuig twee dae la­ter heel­te­mal af­ge­skryf weens die ou­der­dom daar­van (dit was ’n 2003-mo­del).

“Daar­mee het my seun nou ook sy drie jaar-geen­eis­bo­nus ver­loor, al was dit nie sy skuld nie. Die mo­tor was in volle wer­ken­de toe­stand en geen erns­ti­ge en­jin- of an­der ska­de is aan­ge­rig nie. Ons het die mo­tor na drie on­af­hank­li­ke duik­klop­pers ge­neem en al­mal het be­ves­tig die ska­de is slegs kos­me­ties en kan mak­lik reg­ge­stel word.”

Van As­we­gen sê sy het pro­beer on­der­han­del dat Mo­men­tum die drie kwo­ta­sies vir die skul­di­ge par­ty se ver­se­ke­ring aan­stuur en hul­le ’n reg­ver­di­ge kans gee om die mo­tor te her­stel, aan­ge­sien die Tazz net 54 000 km af­ge­lê het.

“Hul­le het laat weet hul­le gaan die mo­tor nie her­stel nie, maar in­dien ek die mo­tor wil her­stel, moet ek eers ’n R4 000-by­be­ta­ling maak. Ná my oor­be­ta­ling het hul­le my R11 000 uit­be­taal waar­mee ek die mo­tor her­stel het. Hul­le het ’n e-pos ge­stuur dat ons eis af­ge­keur is, aan­ge­sien hul­le be­weer my seun was aan die ver­keer­de kant van die pad, en met dit het ek my R4 000-by­be­ta­ling ver­loor. Ek het my on­te­vre­den­heid uit­ge­spreek, want ek moes eers ’n R4 000-by­be­ta­ling doen voor­dat

Ro­se Koff­man se klag­te gaan oor SA C­re­dit As­ses­sors.

“Ek het my­self in 2017 on­der skuld­her­sie­ning ge­plaas. ’n Maand la­ter het ek be­sef ek was oor­haas­tig en het nie die be­no­dig­de do­ku­men­te aan hul­le ge­stuur nie.

“My skuld is nou af­be­taal en ek wil ’n huis koop. On­ge­luk­kig kan ek nie, aan­ge­sien die kre­diet­bu­ro steeds my raad­ge­wer is.”

Koff­man sê sy het tal­le e-pos­se ge­stuur waar­in sy hul­le vra om haar ’n be­wys te stuur dat sy nie meer hul diens ge­bruik nie.

“Al het hul­le een ge­stuur, staan dit daar­op ge­skryf dat hul­le my raad­ge­wers op skrif is. Om hier­die re­de word al my aan­soe­ke vir kre­diet af­ge­keur.”

Tot u Diens het Koff­man se klag­te aan SA C­re­dit As­ses­sors ge­stuur.

Hul­le sê die pro­ses is aan Koff­man ver­dui­de­lik en so­dra al haar skuld ge­delg is, sal hul­le ’n kla­ring­ser­ti­fi­kaat aan haar uit­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.