Die week

Beeld - - Tot U Diens -

Ja­co­bus S­choom­bie het na­mens hul huis­hulp vir Tot u Diens ’n klag­te oor ge­stuur.

“Ek het e­lek­tro­nies ’n be­ta­ling gemaak aan die vrou wat ons huis skoon­maak. Sy het die geld nie ont­vang nie. Die vo­ri­ge maand was daar geen pro­bleem nie.”

S­choom­bie sê hy het FNB en haar bank ge­kon­tak om vas te stel waar die geld is.

“Ek het ons huis­hulp se bank­sta­te ge­kry wat be­wys dat die geld nie in haar re­ke­ning is nie.

“Ná we­ke en weer ’n e-pos aan FNB se hoof­kan­toor kry ek toe weer ’n op­roep van hul­le. Ek het drie keer ge­ska­kel en ge­hoop dit sal nou op­ge­klaar word.”

S­choom­bie sê hy het bank­sta­te van die huis­hulp se re­ke­ning na die FNB-tak in Kru­gers­dorp ge­neem na­dat die be­stuur­der by ’n vo­ri­ge ge­leent­heid ge­sê het as hy vir haar die be­wy­se van sy huis­hulp se re­ke­ning bring, sal sy die pro­bleem kan op­los. “Ek het tot van­dag toe nog niks van haar ge­hoor nie.”

S­choom­bie sê dit is die eer­ste keer in 30 jaar as kli­ënt dat hy ’n pro­bleem met die bank het en geen op­los­sing kry nie.

“Elke keer as ie­mand bel, kry ek hoop. Hul­le het ge­vra of hul­le moet re­ël om die geld in my re­ke­ning te­rug te be­taal. Ek is op die punt om die om­buds­man van die ban­ke te na­der.”

Tot u Diens het S­choom­bie se klag­te aan FNB ge­stuur.

S­choom­bie het laat weet die geld is te­rug­be­taal.

“Meer as ses maan­de la­ter is die kwes­sie op­ge­los. Ek het hul­le ge­sê dat ek geen ver­troue meer in hul­le het nie en my re­ke­ning na ’n an­der bank skuif.”

FNB

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.