Nis­san se G­hosn glo siek in tronk

Beeld - - Sake -

Car­los G­hosn is pas vir die twee­de keer amp­te­lik aan­ge­kla soos wat Ja­pan­se aan­kla­ers die saak teen die ge­val­le mo­tor­baas, wat nou al by­na twee maan­de lank in die tronk is, be­gin op­bou.

G­hosn, uit­ge­skop­te voor­sit­ter van Nis­san, het Dins­dag vir die eer­ste keer in die hof ver­skyn en het vol­ge­hou hy is on­skul­dig.

In­tus­sen sê sy reg­span hy het dié week koors ge­had en word deur ’n dok­ter ver­sorg. Hy bly in ’n en­kel­sel in ’n tronk in To­kio.

Die 64-ja­ri­ge is gis­ter aan­ge­kla dat hy sy per­soon­li­ke be­leg­gings­ver­lie­se ty­de­lik Nis­san se pro­bleem gemaak het en ook dat hy nie sy volle in­kom­ste vir die drie jaar tot Maart 2018 ver­klaar het nie.

Hy is in De­sem­ber amp­te­lik daar­van aan­ge­kla dat hy sy ver­goe­ding vir vo­ri­ge ja­re ver­keerd aan­ge­meld het.

Sy reg­span het gis­ter her­haal hul­le wil aan­soek doen om borg­tog.

G­hosn is op 19 No­vem­ber by die Ha­ne­da-lug­ha­we in To­kio in heg­te­nis ge­neem.

Dit het skok­gol­we in die mo­tor­be­dryf ver­oor­saak, ver­al om­dat dit die wê­reld se groot­ste al­li­an­sie, tussen Re­nault en Nis­san, in ge­drang bring. Nis­san het hom da­de­lik as voor­sit­ter af­ge­dank, maar Re­nault wil eers meer be­wy­se sien. G­hosn is amp­te­lik nog Re­nault se uit­voe­ren­de hoof en di­rek­sie­voor­sit­ter, hoe­wel men­se in waar­ne­men­de hoe­da­nig­heid vir die pos­te aan­ge­wys is.

G­reg Kel­ly, G­hosn se assistent wat saam met hom in heg­te­nis ge­neem is, is op 25 De­sem­ber op borg­tog vry­ge­laat.

Nis­san as maat­skap­py is ook aan­ge­kla.

Kel­ly se vrou, Dee, het in De­sem­ber in ’n vi­deo be­weer die saak spruit uit ’n pa­leis­re­vo­lu­sie aan­ge­voer deur Hi­ro­to Sai­ka­wa, uit­voe­ren­de hoof van Nis­san. Sai­ka­wa het dit Don­der­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ont­ken. – Bloom­berg, ver­kort en verwerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.