M­cEn­roe sê ‘ou­es’ se tyd is ver­by

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Die landskap aan die kruin van man­sten­nis het lan­ger as ’n de­ka­de feit­lik on­ver­an­derd ge­bly met Ro­ger Fe­de­rer, Ra­fa­el Na­dal en No­vak D­jo­ko­vic – en tot ’n min­de­re ma­te An­dy Mur­ray en S­tan Wa­wrin­ka – wat die kitaar ge­slaan het.

Die A­me­ri­kaan­se le­gen­de John M­cEn­roe glo eg­ter ver­an­de­ring is aan die kom. ’n Rits jong Tur­ke, ge­lei deur die Duit­ser A­lex­an­der Z­ver­ev, sal na ver­wag­ting van van­dag af hul lang­ver­wag­te stem­pel op die Aus­tra­lie­se Ope af­druk.

“Ek dink van­jaar is die jaar dat jy een van dié jon­ge­lin­ge ’n deur­braak sal sien maak,” sê M­cEn­roe, wen­ner van se­we Grand Slam-ti­tels.

Hoe­wel hul­le al­mal die af­ge­lo­pe klom­pie ja­re op ver­skil­len­de tye as oor die muur af­ge­skryf is, het Fe­de­rer, Na­dal en D­jo­ko­vic – al­mal in hul 30’s – al vier Grand Slam-ti­tels in 2018 tussen hul­le ver­o­wer.

D­jo­ko­vic se 14de Grand Slam­ti­tel op ver­le­de jaar se A­me­ri­kaan­se Ope het be­te­ken hy, Na­dal (17) en Fe­de­rer (20) het tussen hul­le 51 van die 62 Slams se­dert 2003 se Wim­ble­don be­klink.

Voeg die B­rit Mur­ray en S­wit­ser Wa­wrin­ka (drie elk) se suk­ses­se daar­by en daar bly nie veel oor vir die res nie.

Ma­rin Ci­lic van Kro­a­sië het die A­me­ri­kaan­se Ope in 2014 ge­wen en die be­seer­de Ju­an Mar­tin del Po­tro het in 2009 in New York ge­se­ë­vier, ter­wyl Ma­rat Sa­fin (Aus­tra­lië, 2005) en Gas­ton Gau­dio (Frank­ryk, 2004) die e­nig­ste an­der Grand Slam-wen­ners in daar­die tyd­perk is.

Die 21-ja­ri­ge Z­ver­ev, vier­de op die wê­reld­rang­lys ná sy se­ge op die ATP-jaar­eind­toer­nooi in No­vem­ber, is die spe­ler wat die mees­te ken­ners ver­wag om op­gang in Mel­bour­ne te maak.

Dan is daar die G­riek S­te­fa­nos T­sit­si­pas (15de), die Rus­sie­se duo Ka­ren K­ha­cha­nov (11de) en Da­niil Med­ve­dev (16de), die Kro­aat Bor­na Co­ric (12de) en Ka­na­da se De­nis S­ha­po­va­lov (27ste). Al­mal is 22 jaar oud of jon­ger.

“Die deur is oop. As jy na die rang­lys kyk, is daar baie spe­lers wat in ’n po­si­sie is om ’n groot deur­braak te maak,” sê M­cEn­roe.

“Ek glo ’n nu­we ge­slag gaan van­jaar oor­neem. Z­ver­ev, of een van die an­der soos K­ha­cha­nov of T­sit­si­pas, gaan iets noe­mens­waar­digs ver­mag.”

Maar M­cEn­roe be­sef dit sal dwaas wees om D­jo­ko­vic, Fe­de­rer of Na­dal se wen­kans sum­mier te ver­werp en meen boon­op die spel is dees­dae so fi­siek, dit is moei­lik vir jon­ge­lin­ge om se­we bes­te-van-vyf-stel-krag­me­tings in ’n Grand Slam-toer­nooi oor twee we­ke te oor­leef.

“D­jo­ko­vic ge­niet groot sukses in Aus­tra­lië, hy het die ti­tel reeds ses keer ver­o­wer en met die wy­se waar­op hy 2018 af­ge­sluit het, is dit moei­lik om te sê dit gaan nie hy wees nie,” sê M­cEn­roe.

“Fe­de­rer is in ’n po­si­sie om goed te vaar. Dit is moei­lik om ’n wen­ner te kies.

“Die spel is dees­dae baie meer fi­siek en die bal word har­der ge­slaan. Dit is maar net moei­lik vir ’n jong spe­ler om vir se­we krag­me­tings ag­ter­een­vol­gens daar­mee mee te ding.

“Dit neem tyd om nie net jou spel te ont­wik­kel nie, maar ook jou lig­gaam. Ek dink Z­ver­ev het die bes­te on­der­steu­ning­span. Hy moes al meer druk­si­tu­a­sies han­teer in ver­ge­ly­king met die an­der jong spe­lers.

“As hy die vol­gen­de trap­pie kan neem, sal hy ’n groot ti­tel kan wen, maar dit werk nie al­tyd so nie.”

Die eer­ste Grand Slam-toer­nooi het van­og­gend in Mel­bour­ne be­gin.

Foto: GETTY IMAGES

No­vak D­jo­ko­vic, Ra­fa­el Na­dal en Ro­ger Fe­de­rer deel ’n lig­te oom­blik op ’n ATP-ge­leent­heid in Au­gus­tus 2013 in New York.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.