En­gel­se spe­lers loop mank on­der Ed­die

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Ed­die Jo­nes se oe­fen­me­to­des is op­nuut in die soek­lig met ’n ver­slag van die En­gel­se Rug­by­u­nie (RFU) wat daar­op dui dat spe­lers on­der sy af­rig­ting ver­le­de sei­soen twee keer so vat­baar vir be­se­rings was as die ge­mid­deld se­dert 2002.

Boon­op het daar­die be­se­rings hul­le vyf keer so lank as die ge­mid­deld bui­te ak­sie ge­hou.

Dié s­ta­tis­tie­ke volg op ’n jaar waar­in et­li­ke spe­lers na hul klubs te­rug­ge­stuur is na­dat hul­le be­se­rings by die En­gel­se span op­ge­doen het. Dit het kri­tiek oor Jo­nes se me­to­des ont­ke­ten.

Be­son­der­he­de van al die be­se­rings wat En­ge­land se be­roep­spe­lers in klub- en in­ter­na­si­o­na­le wed­stry­de, asook oe­fen­ses­sies, op­ge­doen het, is in die ver­slag ver­vat.

Ter­wyl die steek­proef vir die 2017-’18 sei­soen on­der Jo­nes be­trek­lik klein is, wys dit tog dat daar op die oe­fen­veld meer as twee keer so­veel be­se­rings as die ge­mid­deld op­ge­doen is.

Bath se ei­e­naar, Bru­ce Craig, het in Mei ver­le­de jaar ge­sê die ve­le be­se­rings by En­gel­se kam­pe is “to­taal on­aan­vaar­baar”.

Jo­nes het te­rug­ge­kap deur te sê Craig het “geen reg” om vir hom te sê hoe om die span voor te be­rei nie.

Klub-ei­e­naars was ont­sto­ke oor Jo­nes se uit­la­tings. Die RFU se tus­sen­tyd­se uit­voe­ren­de hoof, Ni­gel Mel­vil­le, het vir Jo­nes in die bres­se ge­tree.

“In­ter­na­si­o­na­le rug­by word teen ’n ho­ër intensiteit as ooit van­te­vo­re ge­speel, wat be­te­ken dat daar har­der ge­oe­fen word,” het hy ver­dui­de­lik.

Foto: GETTY IMAGES

En­ge­land se klubs dink nie Ed­die Jo­nes se oe­fen­me­to­des is iets om oor te lag nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.