Wi­aan wil keur­ders be­ïn­druk

WB-plek­ke op spel

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger Pun­te­stand:

Hy sal ui­ter­aard so gou moont­lik weer in die Pro­tea-span wil kom en hoop om dit met ’n goeie ver­to­ning of twee reg te kry.

Só sê die veel­sy­di­ge Wi­aan Mul­der, wat met die Li­ons se vo­ri­ge meer­dag­wed­stryd teen die Dolphins in Dur­ban sy te­rug­keer drie maan­de ná ’n en­ke­lo­pe­ra­sie gemaak het.

Mul­der sê hy het geen on­ge­mak ver­duur in hul se­ge daar waar­in hy 2/22 en 2/38 in al­te­saam 21 beur­te laat kan­tel het nie.

Die 20-ja­ri­ge Mul­der is aan die be­gin van die sei­soen – op 2 Ok­to­ber ’n dag voor die Pro­te­as twee­de een­dag­wed­stryd teen Zim­bab­we in Bloem­fon­tein – in ’n oe­fe­ning be­seer toe die spe­lers op ’n kolf­strook op die speel­veld ge­oe­fen het.

“Ek is be­seer met die eer­ste af­le­we­ring wat ek ge­boul het, net na­dat ek klaar ge­kolf het.”

Mul­der sê ’n been­tjie is met ’n o­pe­ra­sie uit sy lin­ke­ren­kel ver­wy­der.

Die na­si­o­na­le een­dag­groep vir die eer­ste twee van vyf wed­stry­de teen Pa­ki­stan wat ver­le­de week aan­ge­wys is, toon op­nuut ’n proef­ne­ming in aan­loop tot die Wê­reld­be­ker-toer­nooi.

Mul­der sal hoop om in die oor­bly­wen­de wed­stry­de van die reeks weer be­trek te word.

Hy het voor die der­de toets teen Pa­ki­stan op die Wan­de­rers ’n paar dae saam met die Pro­te­as ge­oe­fen.

Hoe­wel hy in die na­si­o­na­le een­dag­span was voor­dat hy be­seer is, be­sef Mul­der hy sal iets moet doen om sy her­in­slui­ting te reg­ver­dig.

“Ja ’n ou wil so gou moont­lik weer in die span wees. Maar ek sal by­ge­sê eers moet goed speel. Ho­pe­lik kan ek nou ’n paar goeie ver­to­nings vo­ren­dag kom.”

Mul­der kry van van­dag af in Be­no­ni in die Li­ons se meer­dag­stryd met die Ti­tans kans om dit te doen.

Nog ’n veel­sy­di­ge spe­ler wat hoop om in die buur­stryd te be­ïn­druk, is die tuis­span se Chris Mor­ris.

Hy is aan die ein­de van ver­le­de jaar in die Ti­tans se meer­dag­stryd teen die K­nig­hts in Bloem­fon­tein

be­seer.

Hy het die vo­ri­ge wed­stryd teen die War­ri­ors mis­ge­loop, maar is fiks vir die wed­stryd teen die Li­ons ver­klaar.

Mul­der se ou skool­maat by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge, die paal­tjie­wag­ter Wan­di­le Mak­we­tu (20), kan sy bui­ging vir die Ti­tans maak.

Die kol­wer Hei­no Kuhn sal sy eer­ste meer­dag­stryd van die sei­soen vir die tuis­span speel.

■ Die voor­lo­pers, die Ca­pe Co­bras is op Nu­we­land gas­heer vir die War­ri­ors, wat vol self­ver­troue ná hul­le tuis­se­ge oor die Ti­tans sal wees.

Die Dolphins jag in Pie­ter­ma­ritz­burg teen die K­nig­hts ’n eer­ste tuis­se­ge. Pat Kru­ger en Ott­niel Baart­man kan ná be­se­rings deur die K­nig­hts in­ge­span word.

■ 1. Ca­pe Co­bras 140,04; 2. Li­ons 120,62; 3. War­ri­ors 94,60; 4. K­nig­hts 91,56; 5. Ti­tans 90,72; 6. Dolphins 71,72.

Foto: GALLO IMAGES

Wi­aan Mul­der op volle vaart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.