SA Ex­press vlieg weer na Wal­vis­baai

Beeld - - Sake -

SA Ex­press gaan die na­week sy vlug­te tussen Kaap­stad en Wal­vis­baai in Na­mi­bië her­vat.

Dié staats­be­heer­de lug­diens het, soos die Suid-Afrikaanse Lug­diens (SAL), erns­ti­ge fi­nan­si­ë­le pro­ble­me.

In Mei ver­le­de jaar het die Bur­ger­lug­vaar­to­wer­heid ne­ge van SA Ex­press se 21 vlieg­tuie ge­hok en die lug­diens se li­sen­sie is so­wat twee maan­de lank op­ge­skort.

Ma­dik­we Ma­bo­tha, ’n woord­voer­der, het gis­ter ge­sê die vlug­te na Wal­vis­baai word dié na­week her­vat.

“Dis deel van ons stra­te­gie om na fi­nan­si­ë­le vol­hou­baar­heid te­rug te keer na­dat ons ver­le­de jaar deur die o­wer­he­de ge­hok is. Ons stel die roe­tes weer stel­sel­ma­tig be­kend. Tot dus­ver is agt roe­tes weer in be­dryf ge­stel.”

Die lug­diens het ver­le­de jaar ’n staats­waar­borg van R1,2 mil­jard ge­kry en het ’n le­ning van R400 miljoen op grond daar­van be­kom om sy be­dry­wig­he­de te sta­bi­li­seer, sê Ma­bo­tha.

“Die geld het ons in staat ge­stel om van ons be­staan­de fi­nan­si­ë­le ver­eis­tes te hier­sien en skuld af te be­taal.

“Die lug­diens se fi­nan­si­ë­le po­si­sie was baie swak, maar maat­re­ëls is in­ge­stel om ons te­rug op die pad na her­stel te plaas, in­slui­tend die in­wer­king­stel­ling van ’n regruk­plan.”

Vol­gens Ma­bo­tha ver­wag SA Ex­press om teen die ein­de van die boek­jaar ge­lyk te breek.

“Ons doel­wit is om fi­nan­si­eel vol­hou­baar te word en ons af­hank­lik­heid van die aan­deel­hou­er (die re­ge­ring) te be­perk.”

Die le­ning is met streng voorwaardes toe­ge­staan, in­slui­tend dat die lug­diens sy her­stel moet be­wys.

Si­za M­zi­me­la is in Au­gus­tus as waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof aan­ge­stel. – Fin24, ver­kort

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.