In­die­se draai­er oor ver­dag­te ak­sie ver­kla

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Die In­die­se deel­tyd­se draai­bou­ler Am­ba­ti Rayu­du is in die een­dag­wed­stryd teen Aus­tra­lië in Syd­ney vir ’n ver­dag­te boul­ak­sie uit­ge­wys.

Die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad het gis­ter in ’n kort ver­kla­ring ge­sê ’n klag oor sy ak­sie is ont­vang.

Rayu­du sal nou bin­ne 14 dae die boul­ak­sie moet laat toets, maar sal steeds in in­ter­na­si­o­na­le wed­stry­de kan boul tot­dat die toets­re­sul­ta­te be­kend is.

“Die ver­slag van die wed­stryd se skeids­reg­ter, wat ná die wed­stryd aan die In­die­se span­be­stuur oor­han­dig is, het kom­mer uit­ge­wys oor die 33-ja­ri­ge weg­breek­bou­ler se boul­ak­sie,” sê die IKR.

Rayu­du het Sa­ter­dag in die eer­ste een­dag­wed­stryd teen die Aus­sies op die SCG twee beur­te af­ge­stuur, wat hom 13 lo­pies ge­kos het.

In­dië het die krag­me­ting met 34 lo­pies ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.