‘Nu­we fiets­roe­te’ nou oop

Beeld - - Nuus - Teré­sa Coetzee

Die Braam­fon­tein­spruit en Del­ta­park is ’n be­ken­de fiets­ry­plek vir Jo­han­nes­bur­gers en dié roe­tes is van­dees­week amp­te­lik her­o­pen na­dat meer as R1 mil­joen aan op­gra­de­rings be­stee is.

Hol­lard, Jo­zi Trails en Jo­han­nes­burg Ci­ty Parks and Zoo het saam­ge­span om die roe­tes te be­vei­lig, nu­we bor­de met aan­wy­sings op te rig en om die roe­tes op te gra­deer.

So­wat 11 km van die S­pruit­roe­tes is reeds op­ge­gra­deer en daar is nou so­wat 50 dui­de­li­ke aan­wy­sings en paad­jies vir on­der­skei­de­lik stap­pers en fiets­ry­ers.

By die be­kend­stel­ling het ver­skeie be­ken­de ry­ers ’n toetslo­pie ge­doen.

Een van hul­le is die be­roeps­ry­er Grant Us­her, wat die nuut ge­bou­de draaie (berms) en bult­jies ge­toets het.

Hoe­wel daar ver­skil­len­de pun­te by Del­ta­park is waar ry­ers en stap­pers kan be­gin en par­keer, be­gin die amp­te­li­ke roete by die fiets­win­kel in Hil­l­cre­stry­laan, Blair­gow­rie.

“Die par­ke en paad­jies wat die Braam­fon­tein­spruit om­ring, lok week­liks dui­sen­de men­se, maar daar was de­le wat reg­tig drin­gend aan­dag no­dig ge­had het,” sê Al­bert van Urk, di­rek­teur van Jo­zi Trails en ook be­kend as die S­pruit Jun­kie.

Vol­gens hom is nu­we de­le by­ge­voeg in Del­ta­park, on­der meer by die Del­ta Park S­chool, en ook in Em­ma­ren­tia aan die kant van Bey­ers Nau­dé-ry­laan.

Daar is ge­kyk na die im­pak op die om­ge­wing, as­ook e­ro­sie. Pro­ble­me met drei­ne­ring op die roe­tes het ook aan­dag ge­kry. Die vei­lig­heid van be­soe­kers op dié roe­tes sal goed dop­ge­hou word.

Die Del­ta­park-pro­jek word ge­pak in drie fa­ses, waar­van dít die eer­ste is.

Die plan is om die roe­tes uit­ein­de­lik uit te brei tot by die Wieg van die Mens­dom en So­we­to.

Een van die so­wat 50 bor­de wat die roete aan­wys.

Fo­to: DOM BARNARDT

Die be­gin­punt van die berg­fiets­roe­te van 11 km in Del­ta­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.