Skry­wer wat sy tyd voor­uit was

Hy was ’n ruk­kie pag­ter hier is be­stem om ook nu­we waar­de­ring vir sy oeu­vre on­der ge­wo­ne, of­te­wel P.G. du P­les­sis se ‘slim le­sers’, te ver­se­ker, skryf Fran­cois Bek­ker.

Beeld - - Voorblad -

Nie-fik­sie

P.G. du P­les­sis: Hy was ’n ruk­kie pag­ter hier – ’n huld­ i­ging

Heil­na du Plooy

Li­te­ra Pu­bli­ka­sies, R385

Is dit wat die let­ter­kun­de be­tref ’n ge­val van “dom re­sen­sen­te en slim le­sers” soos P.G. du P­les­sis dit ge­noem het?

Re­sen­sen­te is na­tuur­lik nie al­tyd reg nie en die ge­mid­del­de le­ser moet nie on­der­skat word nie. Heil­na du Plooy se hul­di­ging van P.G. du P­les­sis is nie ’n le­wen­skets van die be­ken­de skry­wer as so­da­nig nie, die en­ke­le bi­o­gra­fie­se fei­te ten spyt.

Dit is ’n diep­gaan­de waar­de­ring van Du P­les­sis se uit­ge­brei­de oeu­vre en ’n kor­rek­tief wat be­tref aan­veg­ba­re waar­de­oor­de­le wat vroe­ër oor sy werk ge­maak is.

Twee van die in­lei­den­de hoof­stuk­ke deur Du Plooy ver­skaf in­te­res­san­te bi­o­gra­fie­se fei­te. Met N.P. van Wyk Louw se te­rug­keer uit Ne­der­land om by Wits te do­seer, neem P.G. “die groot­ste kor­rek­te be­sluit” van sy le­we om on­der Louw te gaan stu­deer (bl. 24).

Louw word ’n le­wens­lan­ge vriend en men­tor vir Du P­les­sis.

Sy vriend Hans du P­les­sis sluit die in­lei­den­de ge­deel­te mooi af met “’n Vriend an­der­kant die woord”.

P.G., soos hy in die volks­mond be­kend ge­staan het, se veel­sy­dig­heid is le­gen­da­ries. ’n A­vant­gar­de-skry­wer wat sy tyd voor­uit was. Ie­mand wat op ver­nuf­ti­ge wy­se ak­tu­e­le sa­ke só kon aan­bied dat ge­ho­re dit ge­niet het.

Daar­by was sy werk nie diens­tig aan die volks­i­de­aal soos voor­ge­skryf deur die e­li­te nie.

P.G. se eer­li­ke uit­beel­ding van die A­fri­ka­ner met al sy fou­te en vrat­te en om die ka­rak­ters te laat praat soos rê­ri­ge men­se praat, is on­ge­luk­kig nie al­tyd goed deur so­ge­naam­de puur A­fri­kaan­se kri­ti­ci ont­vang nie.

Om­dat P.G. se oeu­vre so veel­vlak­kig en om­vat­tend is, volg Du Plooy as sa­me­stel­ler van die bun­del ’n prak­tie­se werks­wy­se. Sy dra­mas, ver­ha­le en TV- en rol­prent­werk word in ver­skeie diep­te-ar­ti­kels on­der die loep ge­neem deur ken­ners in die on­der­skeie gen­res.

Was P.G. se ver­hoog­dra­mas on­no­dig ek­se­ge­ties soos kri­ti­ci be­weer het? Wat dra­ma­tie­se e­le­men­te be­tref, word P.G. se be­son­de­re aan­voe­ling vir di­a­loog, wat die be­lang­rik­ste e­le­ment van dié gen­re is, ge­noem. Aan­vul­lend eg­ter word daar­op ge­wys hoe funk­si­o­neel die di­das­ca­lia in ver­al Sie­ner van die suburbs aan­ge­wend is om die bood­skap oor te dra.

Iets ge­beur eg­ter ver­al ná ’n Se­der val in Wa­ter­kloof toe dit vol­gens P.G. nie die no­di­ge er­ken­ning by die kri­ti­ci ont­vang nie. Daar kom ’n ver­wy­de­ring tus­sen hom en die es­ta­blishment.

P.G. laat hom só uit oor so­ge­naam­de “dom re­sen­sen­te”:

“. . . die ver­wag­ting van re­sen­sen­te, die skry­wers oor boe­ke, hul­le deur wie se hol kop­pe die heer­sen­de mo­de­win­de war­rel van wat goed en kwaad is . . .” (bl. 121).

Iro­nies eg­ter is die ve­le pry­se wat P.G. wel ont­vang het – wat twee Hert­zog­pry­se in­sluit.

Ter wil­le van ’n ob­jek­tie­wer be­na­de­ring van P.G. se dra­ma-oeu­vre spe­si­fiek word die kwes­sie van li­te­rê­re ont­vangs teen­oor die pro­duk­sie­ge­skie­de­nis van sy dra­mas be­kyk. Dit is niks min­der as fas­si­ne­rend nie.

Die speel­vak­ke van by­na al sy dra­mas ge­tuig van fe­no­me­na­le suk­ses. Neem ’n Se­der val in Wa­ter­kloof wat Send for Dol­ly word as voor­beeld en die ge­wild­heid van dié stuk in die Bax­ter (bl. 160).

Wat sy ver­ha­le be­tref, is die ar­ti­kel deur Hein Vil­joen oor Fees van die on­ge­nooi­des (dié ro­man is met die Hel­gaard S­teyn-prys be­kroon – ’n prys wat li­te­rê­re ge­hal­te en ver­koop­sy­fers in ag neem) by uit­stek on­der­hou­dend. Dit be­ves­tig P.G. as vir­tu­o­se ro­man­sier.

P.G. se te­le­vi­sie­werk en sy by­drae as baan­bre­ker op hier­die ge­bied word ook on­der die loep ge­neem. Dit is ’n me­di­um waar­voor hy aan­vank­lik sy neus op­ge­trek het.

Weer eens is dit sy ta­lent vir di­a­loog wat vir ui­ters ge­slaag­de draai­boe­ke sorg. I­ko­nie­se pro­duk­sies sluit in Ko­ö­pe­ra­sie­sto­ries en Mat­te­wis en Me­raai wat hy vir TV ver­werk het.

Soos prof. E­li­ze Bo­tha dit in ’n brief aan P.G. stel: “Elk­een kies sy eie P.G.” (bl. 172).

Vir hier­die re­sen­sent is dit P.G. die cau­seur. Kan daar ooit weer iets soos ’n S­pies en P­les­sie wees?

On­der die won­der­li­ke stel fo­to’s wat in­ge­sluit is, is daar die fo­to van ’n beeld uit hout ge­bei­tel – van ’n man wat lees, wat pas­lik heet By­sien­de. Ja, P.G. was ook beeld­hou­er!

As bo­nus word ’n uit­trek­sel uit P.G se on­vol­tooi­de ro­man, Die bit­ter van o­lyf, in­ge­sluit.

Hy was ’n ruk­kie pag­ter hier met sy a­ka­de­mie­se in­slag wat steun op li­te­rê­re te­o­rie, sal ho­pe­lik be­lang­stel­ling on­der ’n wye le­sers­pu­bliek ge­niet.

Be­ne­wens dat stu­den­te en do­sen­te dit a­ka­de­mies sti­mu­le­rend sal vind, is die bun­del be­stem om ook nu­we waar­de­ring vir sy oeu­vre on­der ge­wo­ne, of­te­wel P.G. se “slim le­sers”, te ver­se­ker.

Hier­die hul­de­blyk deur Heil­na du Plooy is nie net ’n ver­ry­ken­de lees­er­va­ring nie, dit maak ook ’n be­lang­ri­ke stel­ling. Die be­oor­de­ling van kre­a­tie­we werk en kuns in die al­ge­meen be­vat al­tyd ’n e­le­ment van sub­jek­ti­wi­teit.

Hy was ’n ruk­kie pag­ter hier be­ves­tig die e­re­plek wat P.G. du P­les­sis in die A­fri­kaan­se li­te­rê­re ka­non ver­dien.

■ Fran­cois Bek­ker is ’n vry­skut­re­sen­sent van P­re­to­ria.

‘‘ Die be­oor­de­ling van kre­a­tie­we werk en kuns in die al­ge­meen be­vat al­tyd ’n e­le­ment van sub­jek­ti­wi­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.