Hy kry amp­te­li­ke pro­vin­si­a­le be­graf­nis, kon­dig De Lil­le aan

Beeld - - Voorblad - Roshé Ta­ka

Die ont­sla­pe S­pring­bok-vleu­el C­hes­ter Wil­li­ams (49) gaan Sa­ter­dag ’n amp­te­li­ke pro­vin­si­a­le be­graf­nis in die Nu­we­land-sta­di­on in Kaap­stad kry.

Pa­tri­cia de Lil­le, mi­nis­ter van o­pen­ba­re wer­ke, het gis­ter dié aan­kon­di­ging na­mens pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ge­doen op ’n roe­ren­de ge­denk­diens vir Wil­li­ams by die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land (UWK).

Ra­map­ho­sa het ook op­drag ge­gee dat die lands­vlag Sa­ter­dag in die Wes-Kaap half­stok hang.

Wil­li­ams is Vry­dag om­streeks 18:00 aan ’n hart­aan­val dood na­dat hy van er­ge bors­pyn ge­kla het. Hy was ten ty­de van sy dood die hoof­af­rig­ter van die UWK se Var­si­ty­be­ker-rug­by­span.

De Lil­le het Wil­li­ams as ’n goeie vriend be­skryf wat sy deur sy vrou, Ma­ria, ont­moet het.

“Ons is goeie vrien­de.

Hy was lief daar­voor om op die­self­de tyd pot­jie­kos te maak en te braai,” sê sy.

Sy sê sy sou graag wou sien dat C­hes­ter die kans kon kry om ’n gro­ter rol in SuidA­fri­ka te speel.

Vol­gens haar was hy gek oor die san­ge­res PJ Po­wers en wou heel­tyd na haar luis­ter.

‘‘Hy was lief daar­voor om op die­self­de tyd pot­jie­kos te maak en te braai. — Pa­tri­cia de Lil­le

De Lil­le sê sy sou al­tyd vra of hul­le iets an­ders kan sing en dan sou hul­le op die lied “Los­lap­pie” be­sluit en lek­ker saam­sing.

Po­wers self het by die ge­denk­diens op­ge­tree en “Wor­ld in U­ni­on” en “Ja­bu­la­ni” ge­sing. Die UWK se koor het ook op­ge­tree. De Lil­le sê toe C­hes­ter in Roe­me­nië, U­gan­da en Tu­ni­sië af­ge­rig het, het sy aan hom ge­sê sy kin­ders word son­der hom groot en dat hy nie weer na Roe­me­nië kon te­rug­keer nie. Sy sê selfs oud­pres. Nel­son Man­de­la was lief vir C­hes­ter om­dat hy ’n “vi­si­oe­nêr” was. Die UWK en SuidA­fri­ka het ’n le­gen­de ver­loor. Prof. Pa­me­la Du­be, waar­ne­men­de rek­tor en vi­se­kan­se­lier van die UWK, sê C­hes­ter het as af­rig­ter ’n ver­skil ge­maak in die le­we van die sport­man­ne on­der sy lei­ding.

Hy het nie net sy vaar­dig­he­de en kun­dig­heid met die stu­den­te ge­deel nie, maar ook sy lief­de, sê Du­be.

Mand­la Ga­gayi, di­rek­teur van sport by die u­ni­ver­si­teit, sê die UWK het ’n goeie man, rol­mo­del en lei­er ver­loor en hy het ’n goeie vriend ver­loor.

Ma­ria was met haar spreek­beurt om­ring deur hul kin­ders – die twee­ling, Mat­thew en Chloe, en Ry­an. Sy het die UWK, en ver­al Ga­gayi, be­dank vir die ge­leent­heid wat C­hes­ter as af­rig­ter ge­kry het.

“Vier jaar ge­le­de het jul­le dit moont­lik ge­maak dat C­hes­ter sy loop­baan in Suid-A­fri­ka kon be­gin. Sy he­le le­we lank moes hy veg om ’n pos in Suid-A­fri­ka. Ons as ’n fa­mi­lie het so baie ja­re ver­loor om­dat hy nie met ons kon wees nie,” sê sy.

Sy sê dat al­le deu­re vir C­hes­ter toe was.

“Mand­la, jy het die deur vir hom oop­ge­maak en jy het dit moont­lik ge­maak dat hy die laas­te paar jaar van sy le­we by ons kon wees.”

On­der die rou­kla­ers wat die diens by­ge­woon het, was die vleu­el B­rey­ton Paul­se en Fran­cois Pie­naar, kap­tein van die S­pring­bok­ke wat die Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi in 1995 ge­wen het.

Fo­to: JACO MARAIS

Pa­tri­cia de Lil­le, mi­nis­ter van o­pen­ba­re wer­ke, gis­ter by C­hes­ter Wil­li­ams se ge­sin – sy seun Mat­thew, vrou, Ma­ria, dog­ter, Chloe, en seun Ry­an. Heel regs is die san­ge­res PJ Po­wers.

Fo­to: GALLO

Fran­cois Pie­naar, ge­we­se Bok-kap­tein, gis­ter.

C­hes­ter Wil­li­ams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.