Taal­ver­ar­ming nie ge­keer deur wet­te, voor­skrif

Beeld - - Kommentaar - Woord­wis­se­ling Ja­na Lut­her Lut­her is re­dak­teur van HAT6.

Saam die man­ne ge­staan ... waar die mis­kie­te op ’n streep van die koue ver­kleim...

Dis werk­lik in­druk­wek­kend. Dit wat ’n mens van jou moe­der­taal weet. Hoe jy din­ge wat jy waar­neem, jou ge­waar­wor­din­ge daar­om­trent, tot in die fyn­ste be­son­der­he­de in jou taal kan ver­woord. Dit is die on­der­werp van ’n nu­we boek deur die Ne­der­land­se taal­kun­di­ge-joer­na­lis Lies­beth Koe­nen: Wat je zegt, gaat van­zelf. “So gaan dit met taal: Jy weet nie wat jy weet nie, en dat jy dit nie weet nie, weet jy óók nie.”

Son­dag luis­ter ek na Lies­beth op YouTu­be. Net so, dink ek. On­buig­sa­me voor­skrif­te, pun­te­ne­rig­heid skrik taal­ge­brui­kers af. Hoe­kom fo­kus ons ge­du­rig op die praat- en skryf­fou­te wat moe­der­taal­spre­kers maak? Waar­op ons moet wys, is hoe­veel ge­wo­ne taal­ge­brui­kers rééds weet, wat hul­le van­self goed kan doen, hoe be­vre­di­gend dit is om goed met taal te werk.

Moe­nie bang wees om te skryf nie, moet ons sê. Jy kan aan­voel of ’n sin goed is of nie. Ons kan oor spel­fou­te praat, maar spel­ling is net ’n k­lein on­der­deel van die taal­ken­nis waar­oor jy be­skik. Nes Lies­beth, vind ek die ge­du­ri­ge ge­ha­mer op fou­te soms erg ver­ve­lend.

Van die vroeg­ste tye af voel ou­er ge­slag­te jon­ger ge­slag­te laat die taal ag­ter­uit­gaan. Jong men­se?

Hul­le is on­be­sorg.

Hul­le stel be­lang in wat hul­le weet en wat hul­le kan doen; is nie bang om hul taal te ge­bruik nie.

Dis tog wat ons wil hê? Dat ’n mens in jou taal kre­a­tief kan wees; dat jy mooi din­ge in jou taal kan doen.

Wan­neer ie­mand ’n taal­vraag vra, pro­beer ek ant­woord, maar pro­beer in die re­ël vro­li­ker skryf. As woor­de­boek­ma­ker is ek deu­ren­tyd van die ryk­dom en seg­gings­krag van A­fri­kaans be­wus. Daar­in wil ek my ver­diep.

Daar­om lees, lees, lees ek, luis­ter ek, swerf op die in­ter­net rond.

Maan­dag ver­toef ek op my mu­siek­stro­mings­diens se Wat is nuut?-blad. Ek blaai deur die jong­ste A­fri­kaan­se vry­stel­lings. Heel­og­gend luis­ter ek, lees ek li­rie­ke.

Blou­wil­de­blik­sems­fon­tein. Be­ken­te­nis: Ek doen dit nie ge­reeld nie.

Op 1 No­vem­ber 1993 skryf wy­le Jo­han S­pies in sy laas­te Taal­ge­reed­skap-ru­briek: “Ons het al ons reg­te A­fri­ka­ners ge­had, daar in 1870, maar ons is nie al­tyd so se­ker waar en wan­neer ons met reg­te A­fri­kaans te doen het nie.”

Ver­gun my dus dié aan­ha­ling van en­ke­le voor­beel­de – saam­ge­string uit ver­skil­len­de lied­teks­te, maar die woor­de pre­sies soos hul­le daar staan:

“Ons gaan groot gaan... Die son­sak is o­ran­je... Saam die man­ne ge­staan in ’n kring... waar die mis­kie­te op ’n streep van die koue ver­kleim... Ek kan nie glo dat jy is so stout nie . . . Te veel keur ge­kies teen re­de en ver­stand... Ont­hou ek het nie veel nie, maar jy kan al­les vat. T­wee­de­hand­se woor­de... Is jy die een wat die vak­kel dra?... Staan op uit die as uit steek jou vak­kel aan. Huis ’n vlag uit jou hart uit. Jys a­fri­kaans... di he­nu­wee, di he­nu­wee [die He­re weet].”

Taal­ver­ar­ming sal nie deur wet­te of voor­skrif­te of wat­ter in­stan­sie ook al ge­keer word nie; net deur sorg­sa­me taal­ge­brui­kers self met re­spek vir hul taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.