Lyk is toe seun van ANC-lid

Beeld - - Nuus - A­ri­sa Jan­se van Rens­burg

Ná by­na drie maan­de van on­se­ker­heid kan die Cloe­te-ge­sin ui­t­ein­de­lik be­rus­ting kry oor hul seun, C­hes­lyn (29).

Dié seun van Do­no­van Cloe­te­, die ANC se hoof van me­di­a­pro­duk­sie in die de­par­te­ment van in­lig­ting en pu­bli­si­teit, het in Sep­tem­ber van­jaar ver­dwyn.

Die po­li­sie het sy lyk op 24 Sep­tem­ber in Re­gents Park, in die sui­de van Jo­han­nes­burg, ge­vind, maar sy i­den­ti­teit kon eers Dins­dag ná DNS-toet­se be­ves­tig word.

C­hes­lyn het by sy ou­ers in Ke­nil­worth, Jo­han­nes­burg, ge­woon. “Ons het ge­dink hy het vir vrien­de gaan kui­er en het hom nie as ver­mis aan­ge­meld nie,” sê Do­no­van.

Vol­gens Do­no­van is sy seun erg aan­ge­rand.

Die po­li­sie het hom Dins­dag laat weet hy moet sy seun se lyk by die staats­lyk­huis gaan uit­ken.

“Ek het aan­hou bid dat hul­le dalk ’n fout ge­maak het en dat hul­le hom met ie­mand an­ders ver­war het. Toe ek sy lyk gaan uit­ken, het my he­le wê­reld in duie ge­stort,” sê Do­no­van­.

Do­no­van sê sy seun, ook ’n ANC-lid, was ’n kra­ni­ge sport­man en het op skool in land­loop en rug­by pres­teer.

“Hy was ’n ont­span­ne jong man en ons mis sy grap­pe­ri­ge per­soon­lik­heid baie,” sê Do­no­van­.

Die ANC het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy is se­ker wets­toe­pas­sers sal al­les in hul ver­moë doen om die skul­di­ges vas te trek. “Ons het al­mal ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om se­ker te maak daar is geen weg­kruip­plek vir mis­da­di­gers nie.”

Die po­li­sie het teen druk­tyd nog nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

C­hes­lyn Cloe­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.