Ru­an se vrien­din in hof; nog ’n man vas

Beeld - - Voorblad - I­sa­bel Ven­ter

’n 17-ja­ri­ge vrien­din van Ru­an van Heer­den (18) sal saam met hom aan­ge­kla word van die aan­val op sy ou­ers, ter­wyl ’n der­de ver­dag­te gis­ter in ver­band met die voor­val in heg­te­nis ge­neem is.

Die mei­sie het gis­ter in die kin­der­reg­hof van die land­dros­hof in P­re­to­ria ver­skyn na­dat sy Maan­dag in Wa­ter­kloof, P­re­to­ria, in heg­te­nis ge­neem is.

Sy staan soos Van Heer­den te­reg op t­wee aan­klag­te van po­ging tot moord, een aan­klag van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en een van mo­tor­dief­stal.

Sy is min­der­ja­rig en daar­om mag haar i­den­ti­teit nie be­kend ge­maak word nie.

Haar saak is tot la­ter van­dees­week uit­ge­stel en sy sal tot dan in ’n aan­hou­ding­sen­trum vir jeug­di­ges ge­hou word.

Vol­gens die po­li­sie word die vrien­din en Van Heer­den daar­van ver­dink dat hul­le Vry­dag saam vir Bar­nie en Mag­da van Heer­den, Ru­an se ou­ers, in hul huis in Pier­re van Ry­ne­veld Park in Cen­tu­ri­on aan­ge­val het.

Vol­gens voor­lo­pi­ge in­lig­ting voor die hof is die mei­sie en Van Heer­den na be­we­ring die aand van die aan­val op van die huis se vei­lig­heids­ka­me­ras ge­sien.

S­ti­aan Bek­ker, wat as die fa­mi­lie se woord­voer­der op­tree, het gis­ter ge­sê hy ken nie die mei­sie nie.

Hy kon ook nie be­ves­tig of die der­de ver­dag­te ook ’n vriend van Van Heer­den is nie.

Brig. Mat­ha­pe­lo Pe­ters, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig dat ’n der­de ver­dag­te by sy werk­plek in die in­ko­pie­sen­trum The Gro­ve in P­re­to­ria in heg­te­nis ge­neem is.

Dit is in dié sta­di­um on­dui­de­lik hoe die vriend ver­bind word met die saak, maar vol­gens die po­li­sie was hy moont­lik ook be­trok­ke by die aan­val.

Hy sal na ver­wag­ting la­ter van­dees­week in die hof ver­skyn.

Van Heer­den het reeds Maan­dag in die land­dros­hof in P­re­to­ria ver­skyn.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Ru­an van Heer­den

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.