Bes­te maat­jies is ge­reed vir die ‘groots­kool’

Beeld - - Voorblad - Br­ü­mil­da Swart­booi

T­wee bes­te maat­jies van P­re­to­ria is oor­ge­haal om saam na die “groots­kool” te gaan.

Et­han Cloe­te (6) en Da­mi­an Jou­bert (6) sal van­dag hul gr. 1-jaar aan die La­er­skool Voor­pos be­gin.

Dié t­wee was saam in gr. RR en gr. R aan die Voor­pos-kleu­ter­skool en is die “bes­te maat­jies in die he­le wê­reld”.

“Ons is al 100 jaar bes­te maat­jies. Ons speel al­tyd saam ar­my,” sê Et­han.

Vol­gens hom ken hy nie sy on­der­wy­ser se naam nie, maar hy weet by wat­ter klas hy hom moet gaan aan­meld. “Ek gaan na die ska­pie­klas en Da­mi­an gaan na die kat­jie­klas.”

Da­mi­an het gis­ter ge­sê hy tel die sla­pies af tot wan­neer die skool be­gin. “Daar is nog net een sla­pie oor.”

Die t­wee maats sê hul­le gaan sing, skryf en in­kleur by die skool. Hul­le sien ook uit daar­na om nog maat­jies by die skool te maak.

Et­han se ma, An­ne-Ma­rie, sê sy is nog nie fi­siek en e­mo­si­o­neel ge­reed vir haar oud­ste kind se eer­ste skool­dag nie. “Ou­ers huil mos maar al­tyd en daar gaan be­slis tra­ne wees. Dis die eer­ste blad­sy van ’n groot hoof­stuk in sy le­we.”

An­ne-Ma­rie sê daar is so­veel op­ge­won­den­heid oor Et­han wat gr. 1 toe gaan. Ashleigh Kot­ze, haar bes­te vrien­din en Et­han se peet­ma, het vir hom en sy on­der­wy­ser koe­kies ge­bak met spe­si­a­le bood­skap­pies op.

Da­mi­an se ma, Li­z­ma­ri, sê sy is op­ge­won­de oor sy eer­ste groots­kool­dag. “Dié mam­mie gaan meer huil as hy, maar ek kan nie wag om daai klein ly­fie in die skool­ban­ke te sien nie.”

Vol­gens haar sê Da­mi­an hy “lyk klein in sy skool­u­ni­form en dis te warm”.

‘‘

Ek gaan na die ska­pie­klas en Da­mi­an gaan na die kat­jie­klas.

— Et­han Cloe­te

Die skool­loop­baan van gr. 1-leer­lin­ge van oor die land heen be­gin van­dag. Gis­ter het van hul­le reeds hul skool be­soek om hul juf­frou te ont­moet en te sien waar hul klas is.

Deaan Vivier, Beeld-fo­to­graaf, was by die La­er­skool Elar­dus­park in P­re­to­ria. Stuur ge­rus fo­to’s na le­sers­fo­[email protected]

Fo­to: DEAAN VIVIER

Et­han Cloe­te (6) en Da­mi­an Jou­bert (6). Van­dag is hul eer­ste dag in gr. 1 aan die La­er­skool Voor­pos in die Moot in P­re­to­ria.

Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Jan­ri­que van Rooy­en (6) lui die klok as sim­bool dat hy sy skool­loop­baan be­gin ter­wyl sy ma, Cor­né, toe­kyk.

An­ja Er­lank (6) en haar ma, T­he­re­sa, pak haar skool­be­no­digd­he­de uit.

Li­zé Mey­er (6) hou aan haar ma, Su­net­te, se arm vas op pad skool toe.

Da­nel­la Bo­tha (6) ont­moet die ge­luk­brin­ger van die La­er­skool Elar­dus­park. By haar is haar ou­ers, Da­nie en Adri.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.