Cox ont­hou nie veel van ‘F­riends’ nie

Beeld - - Voorblad -

Cour­te­ney Cox sê sy ont­hou nie veel van F­riends en haar rol as die neu­ro­tie­se sjef Mo­ni­ca Gel­ler nie.

“Ek ont­hou nie eens dat ek in die reeks was nie. Ek het so ’n sleg­te ge­heue,” het Cox via vi­deo op die ge­sels­pro­gram Jim­my Kim­mel Li­ve ge­sê.

“Ek ont­hou na­tuur­lik dat ek baie lief was vir al­mal en dat ons pret ge­had het en se­ke­re de­le van my le­we, maar ek ont­hou nie e­pi­so­des nie.”

Cox het met Kim­mel se sus­ters­kind ’n aan­lyn spe­le­tjie ge­speel en kon nie ont­hou wie Mo­ni­ca haar eer­ste soen ge­gee het of wie Mo­ni­ca te hulp ge­snel het toe dié deur ’n jel­lie­vis ge­steek is nie.

Die reeks was vir tien sei­soe­ne van 1994 tot 2004 op die lug.

Die F­riends-re­ü­nie is vir eers uit­ge­stel weens Co­vid-19.

Cour­te­ney Cox

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.