Skry­wer (97) pleit na­mens be­jaar­des

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Die le­gen­da­rie­se skry­wer El­sa Jou­bert (97) wil haar fa­mi­lie sien – en sy le­wer ’n plei­dooi na­mens al­le be­jaar­des in te­hui­se en oor­de dat die Co­vid-19-re­gu­la­sies meer aan­pas­baar moet wees om be­soe­ke toe te laat.

Die skry­wer van Die swerf­ja­re van Pop­pie Non­ge­na en meer on­langs, op 95-ja­ri­ge ou­der­dom, haar ou­to­bi­o­gra­fie­se werk S­per­tyd, woon in ’n te­huis in Kaap­stad waar sy, soos dui­sen­de be­jaar­des in te­hui­se oor die land heen, glad nie be­soek mag word nie.

“Ek is self in die 90 en daar is iets wat my ook diep hin­der. Mens­lik ge­spro­ke is ons in die laas­te we­ke en maan­de van ons le­we. En ons wat in te­hui­se of in­rig­tings bly, hoe won­der­lik ook al, is to­taal van ons fa­mi­lie­le­de af­ge­sny.”

Sy skryf hoe be­lang­rik die be­soe­ke van fa­mi­lie nie net vir haar is nie, maar vir al­le be­jaar­des in oor­de en te­hui­se.

“Daar­die klop­pen­de ver­bin­te­nis tus­sen ou­er en kind, vir el­ke kind een­ma­tig, vir el­ke ou­er iets in­di­vi­du­eels, is uit­ge­ska­kel.

“Hier­die u­nie­ke per­soon­li­ke ver­bin­te­nis is baie be­lang­rik.

“Dit word uit­ge­stuur van en na ou­er en kind, na al­bei kan­te. Al is jy nie be­wus daar­van nie. Al ge­beur dit on­be­wus­te­lik.

“Kin­ders word by die deur weg­ge­wys. Vrae help nie. Dit is teen die wet om e­ni­ge be­soe­kers te ont­vang.

“Ek kwyn daar­on­der. Te­le­fo­ne en vi­deo’s en Sky­pe en ve­le meer help, maar is nie ge­noeg nie. Dis ook nie die­self­de nie.

“Werk­li­ke ver­bin­te­nis gaan veel die­per.

“Ek ver­soek u, maak be­heer­de be­soe­ke van fa­mi­lie­le­de en vol­was­se kin­ders, al is dit een of twee keer, moont­lik. As­se­blief.”

Jou­bert het die brief ge­rig aan dr. Hans Woer­mann, haar huis­dok­ter, as deel van ’n plei­dooi om die re­ge­ring, en meer spe­si­fiek pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa, te oor­reed om be­soe­ke aan te­hui­se en oor­de moont­lik te maak.

Woer­mann sê net soos wat daar nou oor die e­ko­no­mie­se im­pak van die in­per­king ’n ge­sprek is, moet daar een wees oor die reg­te van fa­mi­lie om be­jaar­des in oor­de en hos­pi­ta­le te be­soek.

“Be­jaar­des in ver­sor­gings­oor­de is so broos en het ’n be­perk­te le­wens­ver­wag­ting wat die ver­min­der­de be­skik­baar­heid van roe­ti­ne- me­die­se sorg en aan­dag in hier­die kri­sis ver­er­ger.”

Woer­mann le­wer ’n plei­dooi dat be­soe­ke ge­re­ël word en sê dit kan tog nie on­moont­lik wees om be­soe­ke met skerms tus­sen die be­soe­ker en die per­soon wat be­soek word en met die dra van per­soon­li­ke be­sker­men­de drag en on­der toe­sig te re­ël nie.

“Die ri­si­ko wat ver­sor­gers en me­die­se per­so­neel dra wan­neer hul­le by die te­hui­se kom en gaan en met o­pen­ba­re ver­voer ry, is tog se­ker­lik veel er­ger as ’n goed ge­or­ga­ni­seer­de be­soek van 15 mi­nu­te.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.