Plan­ne vir fliek oor na­draai van aan­val

Beeld - - Nuus - La­e­ti­tia Pop­le

Die wa­re ver­haal van twee vroue van Ficks­burg wat ’n plaas­huis gaan skoon­maak het ná ’n plaas­aan­val het die jong rol­prent­ma­ker Di­an Weys (29) so ge­raak dat hy ’n rol­prent daar­van wil maak.

Die boer­vrou was in die hos­pi­taal ná die aan­val en die vroue wat gaan skoon­maak het, wou hê sy moet na ’n s­koon huis – son­der e­ni­ge te­ken van die aan­val – te­rug­keer, ver­tel Weys.

Die skry­wer-re­gis­seur is be­kend om die me­de­mens­like en so­si­aal-be­wus­te aan­slag in sy flieks. Sy kort fliek Ver­snel, wat han­del oor die le­wens­ge­vaar­li­ke om­stan­dig­he­de waar­in pa­ra­me­di­ci hul werk doen, het ’n paar jaar ge­le­de aan­dag ge­trek op kykNet se jaar­lik­se Sil­wer­skerm­fees.

Weys soek nou drin­gend geld om sy jong­ste kort fliek, Plaas­huis, te kan maak.

Hy be­sef die on­der­werp van plaas­aan­val­le is sen­si­tief en hy glo dit is waar­om hy die af­ge­lo­pe vier jaar nie deur amp­te­li­ke ka­na­le – soos die Na­si­o­na­le Rol­prent-en-vi­de­o­stig­ting (NFVF) – geld kon kry om sy fliek ge­maak te kry nie.

Die rol­prentspan soek so­wat R200 000.

“Ons doen ska­re­fi­nan­sie­ring vir Plaas­huis. Ons wil die fliek dan da­de­lik gra­tis aan­lyn plaas en só die geld aan die ky­kers te­rug­gee,” sê hy.

“Dit blyk nou die e­nig­ste op­sie te wees.”

Sy in­vals­hoek is om die ky­ker “’n ge­tuie van die ver­haal te maak; die spie­ël te draai so­dat hul­le hul af­vra wat húl­le in so ’n si­tu­a­sie sou doen”.

Hy ver­kies dat ge­ho­re hul eie ge­volg­trek­kings maak eer­der as om stel­lings te maak of iets te pro­pa­geer. Hy wil baie aan die ver­beel­ding oor­laat, sê hy.

“Ek wil nie ’n plaas­aan­val voor­stel nie; dit gaan vir my oor wat daar­na ge­beur, hoe ’n ge­meen­skap daar­op re­a­geer en wat hul­le doen.”

Hy was so ge­raak deur die vroue se daad van me­de­mens­lik­heid toe hy daar­van in Carla van der S­puy se boek Plaas­moor­de: Slag­of­fers ver­tel self ge­lees het dat hy da­de­lik die be­trok­ke­nes ge­kon­tak en na hul­le ge­ry het om met hul­le te ge­sels.

Die ak­teurs Ni­co­la Ha­ne­kom, Mar­te­li­ze Kol­ver en Al­bert P­re­to­ri­us is reeds tot die pro­jek ver­bind.

Weys het ’n BCom-graad in reg­te en ’n hon­neurs­graad in En­gels aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat ver­werf en ’n graad en ’n mees­ter­graad in rol­prent­stu­dies aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad.

Twee an­der draai­boe­ke is ook reeds klaar, sê Weys.

Dit is ook vir kort flieks om­dat hy glo ’n rol­prent­ma­ker be­wys hom­self eers daar­mee.

“Aas­vo­ëls han­del oor die in­sleep­diens­te wat jou mo­tor kom haal ná ’n on­ge­luk en Ber­gie ver­tel die ver­haal van ’n po­li­sie­be­amp­te wat boe­me­laars moet ver­jaag voor ’n groot ma­ra­thon.”

■ Be­soek plaas­huis-kort­film.com en volg die ska­kels as jy geld wil skenk.

Di­an Weys, re­gis­seur van Plaas­huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.