Ed­will van Aar­de vier 50 jaar n.u.n

Die Burger - - Aktueel - P­HI­LIP DE BRUIN

Die ve­te­raan-om­roe­per Ed­will van Aar­de saai van­jaar reeds 50 jaar on­on­der­bro­ke uit – so­ver be­kend die lang­ste wat e­ni­ge om­roe­per in die land nog aan­een ag­ter die mi­kro­foon was.

Selfs die on­nut­si­ge le­gen­de Fa­nus Rau­ten­bach (83) het gis­ter ge­sê: “Nee wat, nou klop ou Ed­will my. Ek was am­per by 50 jaar, maar kon dit nie haal nie.”

Van Aar­de, wat daag­liks in groot pyn is ná ’n rug­be­se­ring in ’n mo­tor­bot­sing en­ke­le ja­re ge­le­de, is nog per­ma­nent op sy pos by Ra­dio P­re­to­ria, waar hy el­ke uur te­le­fo­nies ver­slae oor krie­ket­wed­stry­de van die Pro­te­as uit­saai. Hy doen dit juis nou weer in die toets­reeks teen In­dië.

Van Aar­de het in sy ja­re as om­roe­per by die SAUK oor 22 sport­soor­te ver­slag ge­doen, waar­on­der k­rie­ket (517 wed­stry­de), rug­by (134 wed­stry­de), die Com­ra­des-ma­ra­thon (12 keer), boks, gim­nas­tiek, at­le­tiek en stoei.

Hy be­skou die feit dat hy in sy be­gin­ja­re as om­roe­per saam met luis­te­raars A­fri­kaan­se ter­me vir En­gel­se krie­ket­ter­me ge­skep het as ’n myl­paal in sy loop­baan.

Nog ’n hoog­te­punt was toe hy die eer­ste A­fri­kaan­se kom­men­ta­tor was wat op TV van die hei­lig­dom van En­gel­se k­rie­ket, Lords, uit­ge­saai het – “en toe wen die Pro­te­as boon­op die toets”.

Met die uit­sen­ding van sy 500ste krie­ket­wed­stryd het hy ’n goue staan­hor­lo­sie van die Ver­e­nig­de K­rie­ket­raad ge­kry om­dat hy die spel on­der A­fri­kaan­ses be­vor­der. Dit is die e­nig­ste toe­ken­ning van dié aard wat die raad ooit ge­doen het.

Hy het eg­ter nie net sport uit­ge­saai nie. Die he­le land het van 1976 tot 1986 na sy Tv-pro­gram F­link­dink ge­kyk. Hy het ook ver­skeie mu­siek­pro­gram­me aan­ge­bied.

“On­danks die pyn sal ek voort­gaan met my uit­saai­werk so­lank ek ’n stem het,” het hy gis­ter ge­sê.

Ed­will van Aar­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.