Willie A­dams oor­le­de

Die Burger - - Aktueel -

Wil­lem de V­ries KAAPSTAD. – Die dig­ter en skry­wer Willie A­dams, wat saam met Pa­trick Pe­ter­sen en Le­o­nard Ko­za stig­ters was van die des­tyd­se Do­mes­ti­ca-uit­ge­wers, is oor­le­de. A­dams is Maan­dag oor­le­de. A­dams, as­ook Ko­za, het hul sket­se en dra­mas op­ge­voer in by­kans al die towns­hips op die Kaap­se Vlak­te en het selfs daar­in op­ge­tree.

In ’ n hul­de­blyk aan Ko­za in Tyd­skrif vir Let­ter­kun­de het A­dams soos volg oor dié ja­re ge­skryf: “Die op­tre­des het be­gin in ’n plank­saal­tjie, die Plan­kie­ra­ma, in El­sies­ri­vier. Daar het ons Don­der­dag­aan­de cof­fee bars ge­hou. Plaas­li­ke mu­si­kan­te en skry­wers het i­tems ge­le­wer; be­soe­ken­de dra­ma­groe­pe soos S­ta­blex­pen­se uit Dur­ban het daar op­ge­tree.

“Ons het selfs be­ken­de kuns­te­naars soos Ja­mes Mat­thews en Dol­lar Brand ge­nooi om op te tree. Toe­gang was gra­tis, maar elk­een moes ’n kop­pie kof­fie en ’n boe­re- wors­rol­le­tjie ty­dens pou­se koop, so­dat ons die huur­geld en die e­lek­tri­si­teit kon be­taal.”

Die Towns­hip Play­ers het ook sy dra­mas op­ge­voer, waar­van E­pi­so­des (1976) die be­kend­ste is. Dit han­del oor die 1976-op­stan­de.

In die 1980’s het A­dams, Le­o­nard, Pe­ter Ka­leb, Chris P­rin­ce en Mel­vin W­hi­te­booi die Skry­wers- en uit­voe­ren­de kuns­te­be­we­ging ge­stig wat hom vir die pu­bli­ka­sie van ge­mar­gi­na­li­seer­de teks­te be­y­wer het. A­dams was ’n stig­ters­lid van die A­fri­kaan­se Skry­wers­ver­e­ni­ging.

Wil­lem Frans­man jr. het ver­tel A­dams en Ko­za het in 1973 ’n towns­hip-dra­ma­groep ge­stig. “Die groep het sy ak­tief­ste ja­re in 1976 be­leef toe feit­lik week­liks sket­se en ge­dig­te in die Plan­kie­ra­ma voor­ge­lees of op­ge­voer is. Dit dien ver­meld te word dat die mees­te van hul dra­ma­teks­te óf in A­fri­kaans óf in Kaaps was.”

Werk van A­dams is op­ge­neem in Pos­kaar­te, saam­ge­stel deur Ro­nel Fos­ter en Lou­i­se Vil­joen.

A­dams is op 24 Maart 1951 in El­sies­ri­vier ge­bo­re en het in Bis­hop La­vis groot­ge­word. Hy het aan aan die UWK, U­ni­sa en U­ni­ver­si­teit van Kaapstad ge­stu­deer.

Hy laat sy vrou, Jo­an, twee dog­ters, Wil­ne­lia en O­li­via, sy seun, Ro­bert, en klein­kind, To­ri, ag­ter.

Die be­graf­nis­diens is mô­re om 09:30 in die saal van die Le­a­gue of F­riends of the B­lind op die hoek van K­lip- en Fir­st­weg in Gras­sy Park, oor­kant die K­lip­weg-be­graaf­plaas.

Willie A­dams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.